Wallis smeer baba-olie op hul rugbyballe
Wallis smeer baba-olie op hul rugbyballe

Wallis smeer baba-olie op hul rugbyballe

Rugby
Dis nie kinderspeletjies om gewoond te raak aan die uiterse humiditeit in Japan dié tyd van die jaar nie en in 'n poging om Wallis se hantering in sulke sweterige, klam toestande op te skerp, smeer dié span baba-olie op hul rugbyballe tydens oefeninge.

Warren Gatland se span begin sy Wêreldbeker-veldtog komende Maandag teen Georgië en die geoliede balle is een van die wyses waarop die Walliesers die toestande probeer naboots wat hulle in die stad Toyota gaan ervaar.

“Ons het nie net met nat balle geoefen nie, maar hulle ook vol baba-olie gesmeer,” het Gatland Sondag by die span se oefenkamp in Kitakijoesjoe gesê.

“Ons het ook kleeflint op die balle geplak (om hulle gladder te maak) op van ons vorige oefenkampe.”

Gatland sê sy span het voor sy vertrek ook kans gehad om aan warm toestande gewoond te raak, toe hulle byvoorbeeld in Turkye gaan oefen het waar die temperatuur in die hoë 30's (grade Celsius) was.

“Op ons oefenkamp hoog bo seespieël in Switserland was dit ook baie warm,” het Gatland gesê.

“Ons het soveel as moontlik gedoen om vooraf gewoond te raak aan die toestande wat ons hier in Japan gaan teëkom. Die humiditeit gaan 'n faktor wees ... dis hoe jy dit hanteer, wat van belang is.”

Engeland oefen ook by sy oefenkamp in Mijasaki met nat balle.

“Ons het emmers vol water langs die veld en doop die balle daarin voor ons hulle ingooi in lynstane,” het die Engelse haker Jamie George gesê.

Volgens hom kan hakers darem in 'n wedstryd die bal effe met 'n handdoek afvee voor 'n ingooi, maar het hulle tydens oefeninge reeds ervaar hoe glad die bal in algemene spel gaan wees.

– Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!