Wallis se Leeus-kaptein skok met uittrede
Wallis se Leeus-kaptein skok met uittrede

Wallis se Leeus-kaptein skok met uittrede

Rugby
Die Walliese, Britse en Ierse Leeus en Cardiff Blues-flank Sam Warburton het die rugbywêreld gister onkant betrap met sy besluit om op 29-jarige ouderdom uit te tree.

Hy het 74 keer vir die Rooi Drake en vyf keer vir die Leeus gespeel. Hy was in 49 toetse Wallis se kaptein.

Warburton se laaste wedstryd was die Leeus se gelykopwedstryd teen die All Blacks in Junie verlede jaar. Ná die reeks teen Nieu-Seeland, het Warburton van 'n nekbesering en 'n knieoperasie herstel.

Sedert sy terugkeer tot die voorsei­soen met die Cardiff Blues, was dit duidelik dat Warburton nie weer die hoë standaarde wat hy deur sy loopbaan vir homself gestel het, sou kon bereik nie. Hy het daarom onwillig die besluit geneem om uit te tree.

Hy groet rugby met 'n skitterende CV, wat insluit dat hy Wallis tot Grand Slam- en Sesnasies-glorie aangevoer het, sowel as twee Wêreldbeker-toernooie. In een van hulle, in 2011, het Wallis die halfeindronde gehaal.

“Ek het ná 'n lang tydperk van rus en rehabilitasie die besluit geneem om uit te tree. Ek het my gesondheid en welstand voorop gestel. My liggaam kan nie meer gee waarvoor ek gehoop het met my terugkeer na die oefenveld nie.

“Ek kan die Walliese Rugbyunie en die Cardiff Blues nie genoeg bedank nie, wat uit hul pad gegaan het om my weer op die veld te kry. Daarvoor sal ek hulle ewig dankbaar wees.

“Sedert ek my eerste wedstryd op 10-jarige ouderdom by die Llanishen Fach Primêre Skool en die Rhiwbina Juniors RFC gespeel het, het ek altyd daarvan gedroom om vir die span in my tuisdorp, die Cardiff Blues, Wallis en die Britse en Ierse Leeus te se speel.

“Om nou terug te kyk op my loopbaan, is ek ontsettend trots op wat ek bereik het. Daar is so baie mense wat my gehelp het, van my onderwysers, afrigters, vriende en familie. Ek sê vir julle dankie dat julle my drome en aspirasies ondersteun het. Ek hoop dat hulle ook trots op my loopbaan is.

“Ek wil veral vir Warren Gatland (Wallis se hoofafrigter) uitsonder. Sonder die geloof wat hy in my gehad het, sou ek nooit dié loopbaan kon gehad het nie,” het Warburton gesê.

Warburton sal onthou word as een van die mees suksesvolle Britse en Ierse Leeus-kaptein van alle tye. Verlede jaar het hy slegs die tweede speler geword om die span op twee toere aan te voer.

Op sy eerste toer as kaptein, in 2013, het die Leeus 'n reekssege oor Australië behaal en verlede jaar was hy kaptein van die span wat die reekslouere met die All Blacks gedeel het.

Warburton was sy hele loopbaan lank by die Cardiff Blues, waar hy sy buiging in April 2009 gemaak het.

Twee maande later in Junie het hy sy toetsdebuut teen die VSA in Chicago gemaak en in 2010 was hy deel van die Blues-span wat die Europese Uitdaagbeker gewen het.

“Dit is baie teleurstellend dat Sam uitgetree het. Hy is 'n uitstaande rugbyspeler en het so baie op en weg van die veld gebied,” het Gatland gesê.

“Sy leierskap is in dieselfde klas as die mees gerespekteerde rugbyfigure.” – wru.com

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!