Wakker bly vir u2019n goeie doel
Wakker bly vir u2019n goeie doel

Wakker bly vir ’n goeie doel

Tanja Bause
Nictus het die wenners van hul You Snooze You Lose-kompetisie aangekondig. Die kompetisie is in vyf van hul takke landswyd aangebied. Deelnemers moes op ’n bed in die betrokke winkel sit en wakker bly so lank as wat hulle kon.

Hulle moes ook ’n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse op sosiale media bemark en geld daarvoor insamel.

Die wenner by elke tak is met 'n bed en beddegoed beloon.

Ná 70 uur van wakkerbly het die laaste deelnemer nie die paal gehaal nie.

Die meeste geld is deur me. Rosa Smit ingesamel vir die liefdadigheidsorganisasie van haar keuse.

Smit het by Nictus se tak in die Auas Valley-inkopiesentrum deelgeneem.

Sy het N$9 000 in kontant, sowel as kos en klere vir Huis Maerua in Windhoek ingesamel.

Mnr. Kelvin Nolte het N$3 500 in kontant en kos ter waarde van N$3 000 vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Walvisbaai ingesamel.

Mnr. Matthew Shilamba het gewen by Nictus Giga, me. Anna Ashipala by Nictus in die Auas Valley-inkopiesentrum, me. Louise Burger in Swakopmund, en mnre. Brandon Hamacher in Ongwediva en Quanton Bampton in Walvisbaai. Op die foto is me. Rosa Smit wat die meeste vir haar liefdadigheidsorganisasie ingesamel het. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!