Wagwoorde wat jou laat wag

14 February 2019 | Rubrieke
Daar gebeur dit weer.

My rekenaar by die werk moet ’n update kry en ongelukkig verdwyn al my user names en passwords vir al wat ’n ding waarop ek ingeteken is.

Op die rekenaar by die huis wys die user names, maar die passwords is ’n klomp kolletjies. So ek weet steeds nie wat my passwords is nie. En as julle soos ek is, is daar nie ’n enkele password wat onthou word nie.

Ek kliek oudergewoonte maar weer op die “forgot password?”-skakel dat die diensverskaffer vir my ’n e-pos kan stuur sodat ek weer by my rekening kan inkom. Maar dit beteken ook elke liewe wagwoord op albei rekenaars en my foon moet verander.

En onthou, jy mag mos nie ’n wagwoord gebruik wat jy in die afgelope week of maand(e) gebruik het nie, of selfs een van die laaste 10 nie.

Ai. Sug. Hier gaan ons al weer.

Tik in jou wagwoord.

Wortel.

Nee, sê die rekenaar. Dit moet langer as agt karakters wees.

Grootwortel.

Jammer, daar moet ’n nommer wees ook.

1gróótwortel.

Jammer, dit mag nie aksenttekens bevat nie.

Kom ons probeer weer. 1grootwortel.

Nee, dit moet minstens een hoofletter bevat.

Goed. 1GROOTwortel.

Nee, dit mag nie meer as twee agtereenvolgende hoofletters bevat nie.

1GrootWortelEnLaatMyIn!

Jammer, maar nee, dit mag nie leestekens bevat nie.

LuisterNouMooiGeeMyToegangOf . . .

Jammer, hierdie wagwoord is reeds in gebruik.

Oukei, hierdie is (’n bietjie) aangedik. Maar dít is hoe dit voel.

Is daar iemand in die wêreld wat nie wagwoorde verpes nie? Jy stres aanhoudend oor watter nommers en letters by watter rekening hoort. Dan moet jy dit elke tiktak update, of jou rekenaar crash en jy moet alles van voor af begin.

Ek haat die goed.

Dis juis oor hierdie frustrasies wat mense – tot IT se konsternasie – wagwoorde gebruik wat voorspelbaar is. Eintlik só voorspelbaar dat SplashData vier jaar gelede ’n lys opgestel het van die 25 algemeenste wagwoorde. Heel boaan die lys is 123456 en kort op sy hakke is – wag daarvoor – password. Ewe gewild is qwerty of qwertyuiop, abc123 en letmein.

Ander mense sien die skep van ’n nuwe wagwoord dalk anders.

Iemand soos die New York Times-skrywer Ian Urbina meen wagwoorde hou meer as net ergernis in.

Soos hy skryf: “In ons outeurskap daarvan en omdat ons dit skep sodat net ons dit sal onthou, neem wagwoorde soms ’n geheime lewe aan. Baie van ons wagwoorde is deurdrenk met pathos, kwaadwilligheid, selfs poësie. Soms steek daar ’n verhaal agter. ’n Motiverende mantra, ’n dwarsklap wat op die baas gemik is, ’n verwysing na ’n verlore liefde. Hierdie wagwoorde . . . is soos tchotchkes van ons innerlike lewens.”

Maar ek dink die beste beskrywing van wagwoorde is ’n Reddit-skrywer s’n wat sê in plaas daarvan dat hy dieselfde wagwoord oral gebruik, gebruik hy verskeie variasies daarvan. Hy verander byvoorbeeld een letter of voeg ’n nommer by en so aan. Tong in die kies sê hy “dit is super veilig en beskerm al my rekeninge só dat ek self nie eens kan inteken nie”.

Ware woorde.

Soortgelyk

 

Ooreenkoms tussen buitelandse mediese studente, mediese raad

2 dae gelede | Gesondheid

NUUSBREKERDie hoërhof het vandag 'n ooreenkoms tussen die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) en 'n groep beswaarde mediese en tandheelkundige studente bekragtig wat in...

Polisiebeampte skiet per ongeluk kind

2 dae gelede | Misdaad

‘n Polisiebeampte het Donderdag in die vroeë oggendure per ongeluk ‘n kind naby die landdroshof in Katutura doodgeskiet. Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Volgens...

Vragmotor met reuse daggavonds onderskep

2 dae gelede | Misdaad

Die polisie in die Ohangwena-streek het ‘n swaar vragmotor in die omgewing van Eenhana met 41 sakke dagga onderskep. Volgens die polisie se misdaadkoördineerder en...

Derde wildehond dood

2 dae gelede | Omgewing

Een van die drie wildehonde van N/a'an ku sê wat op die Zannier-reservaat geskiet is, het vanoggend aan sy erge beserings weens skietwonde beswyk. Dit...

Aussenkehr staar ramp in gesig

2 dae gelede |

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese regering is versoek om Suid-Afrika te vra om dringend water uit sy opgaardamme vry te laat, aangesien die Oranjerivier by...

Droogtehulp as Valentynsgeskenk

2 dae gelede | In beeld

‘n Konvooi van 10 lorries vol lusern het gister van die Hardapskema af na verskeie bestemmings in die Suide vertrek. Hierdie veevoer vir boere is...

Kalender 15 Februarie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Die Brewer & Butcher by die Strand Hotel op Swakopmund bied môreaand ’n woord-en-wyn-aand aan. Gaan geniet ’n kuier met...

Noorde Sondag sonder krag

2 dae gelede | Energie

Die nasionale elektrisiteitverskaffer NamPower het aangekondig vier noordelike streke sal Sondagoggend sonder krag wees. Dié onderbreking is geskeduleer vir 07:00 tot 13:00 en sal inwoners...

'Belastingbetalersgeld het ons opgelei'

2 dae gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – “Ons wil nie die regering se pogings ondermyn of evaluerings stop nie. Ons wil net ’n regverdige en deursigtige manier hê waarop...