Wagte vyf jaar sonder verhoging
Wagte vyf jaar sonder verhoging

Wagte vyf jaar sonder verhoging

Die gebrek aan ’n salarisforum tussen die regering, vakbonde en die private sektor laat sekuriteitswagte ly.
Augetto Graig
Augetto Graig – Sekuriteitswagte in Namibië het sedert die 2016-’17-boekjaar geen verhogings ontvang nie.

Volgens mnr. Hans Miljo, voorsitter van die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN), is in dié tydperk geen verhogings deur die regering aangekondig nie, “maar ek weet nie van ander wagte wat nie lede by ons is nie,” sê hy.

Verlede week het die Solidarity-vakbond, wat deel is van die Namibiese Nasionale Arbeidsorganisasie (Nanlo), se mnr. David Frans, byeenkomste in Windhoek begin reël om ’n mandaat by sy lede te kry om SAN weer te betrek, asook om die drieledige Namibië Arbeidsforum vir Sekuriteit (NSLF) weer te vestig.

SAN is in 1994 gestig en is die enigste verteenwoordigende organisasie vir sake-eienaars in dié sektor. SAN het in 2016 uit die arbeidsforum onttrek.

Miljo sê SAN het weens onredelike eise deur die regering en betrokke vakbonde onttrek.

Die “eensydigheid in die onderhandeling,” was volgens hom onuithoudbaar.

Die forum is gestig om onderhandelinge tussen die regering, vakbonde en die sekuriteitsektor te vergemaklik.

Met die ineenstorting van die forum het dit die beheer oor die sektor negatief beïnvloed.

Volgens die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, is hulle nie verantwoordelik vir salarisverhogings in die sekuriteitsektor nie.

Dit word vasgestel deur die gesamentlike onderhandelingsproses, waarna die ministerie bloot die ooreengekome minimumloon bekragtig deur dit in die Staatskoerant te publiseer, sê die ministerie.

Miljo sê intussen verdien sommige wagte in Namibië so min as N$5 per uur, terwyl ander op ’n maandelikse basis ongeveer N$500 ontvang.

Onervare nuwelinge word van die straat opgeneem en ingespan, sê hy.

“Ons grootste probleem is die ‘fly-by-nights’ wat te min tender, tot 50% of meer onder die markprys, en steeds die tender kry,” sê hy.

Dit beteken die salarisbegroting is reeds onder die wetlike minimumloon en baie van hierdie eienaars betaal hul wagte selfs nog minder, sê hy.

Dié praktyk het ook tot gevolg dat minder sekuriteitsmaatskappye in die bedryf wat ’n goeie diens lewer, sê hy.

Miljo, die eienaar van Crown Security, sê sy wagte verdien tussen N$3 500 en N$4 500 per maand, afhangend van hul rang, sê hy.

Dit is egter nie elders altyd die geval nie.

“Baie word nie betaal nie en party word nie die minimumloon betaal nie,” sê hy.

Miljo sê die Wet op Sekuriteitsondernemings en -beamptes nommer 19 van 1998 sou vele probleme oplos, maar geen regulasies bestaan tans daarvoor nie.

Die arbeidsministerie sê dié regulasies moet deur die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vasgestel word.

SAN is bereid om direk met vakbonde oor salarisse te onderhandel, sê Miljo.

Die vereniging is reeds besig om die Namibiese Vervoerwerkersunie (Natau), die Namibiese Unie vir Sekuriteitswagte (NASGWU) en die Onafhanklike Sekuriteitsunie van Namibië (Nisu) hiervoor te benader, sê hy.

SAN het ook begin om aan ’n toekomsplan te werk, sê Miljo.

Daar word gekyk na ’n pensioenskema vir sekuriteitswagte en na alternatiewe geldinsameling vir dienste soos ’n inspektoraat om diensvlakke te monitor.

Frans het gesê sekuriteitswagte in Namibië ontvang tans geen voordele nie.

Volgens Frans beywer die Solidarity-vakbond hom dat die minimumloon vir sekuriteitswagte na N$10 per uur verhoog word, vanaf die amptelike N$8,75. Sy vakbond eis ook dat werknemers wat reeds N$10 per uur verdien nou N$15 per uur moet kry. Die vakbond beplan om teen April 2021 ’n salarisvoorstel in te dien, sê hy.

Frans sê sy vakbond sal met alle belanghebbers in die sektor saamwerk om die verbetering van werksomstandighede te verseker.

[email protected]

FOT
Sekuriteitswagte in Namibië het laas in 2017 vir salarisverhoging betoog. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25%