Wagte se lone onder die loep

Klagtes ondersoek

01 October 2019 | Ministeries
Augetto Graig - Sekuriteitswagte se lang en bitter stryd om beter betaling behoort binnekort dalk tot die verlede.

Namibië se sekuriteitsbedryf beoog om die voortou in die stryd teen die wan- en onderbetaling van wagte te neem, en ook wat algemene voldoening aan die arbeidswet se vereistes vir dié bedryf betref.

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) het dié nuwe sending Vrydag by sy jaarvergadering bekend gemaak.

In ’n verslag wat deur die SAN-raad voorgelê is, word op ongerymdhede in die betaling van wagte gefokus.

“Dit het onder ons, en die sekuriteitsbedryf in die algemeen, se aandag gekom dat sekuriteitsmaatskappy-eienaars hul wagte soms nie betyds betaal nie,” lees die verslag.

Die raad het ook aan die direkteur in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping geskryf om sy aandag te fokus op maatskappye wat nie aan die minimum- vergoedingsvereistes voldoen nie.

By ’n vergadering met die ministerie op 4 Februarie vanjaar is die status van die betrokke wetgewing, die gesamentlike ooreenkoms op minimale beloning van 2016, en wagte se algemene werksomstandighede bespreek.

In samewerking met die drie betrokke vakbonde, Natau, Nasguw en Nisu, sal SAN stappe teen oortreders doen.

Maatskappye wat nie die minimumvergoeding betaal nie, sal geïdentifiseer word en aan die kantoor van die arbeidskommissaris oorhandig word.

Volgens mnr. Hans Miljo, uitvoerende hoof van Crown Security en president van SAN, sal die name van maatskappye wat oortree aan die publiek bekend gemaak word.

“Ek kan nie sien hoekom nie,” het hy gesê.

“Ons sal hierdie ding saam met die vakbonde van stapel stuur,” het hy gesê.

Die vereniging beplan om ’n databasis van sekuriteitswagte in Namibië op te stel.

Miljo het gesê ’n mediavergadering sal binnekort plaasvind waartydens SAN ’n propagandaveldtog van stapel sal stuur om wagte landswyd op die hoogte van sake te bring.

“Wagte moet al hul klagtes na SAN se kantoor bring,” het Miljo bygevoeg.

Klagtes oor onderbetaling, werksure, vakansiedae of enige oortreding van die arbeidswet sal ondersoek word.

Dít is vantevore deur die arbeidsministerie behartig, maar Miljo het gesê ’n tekort aan personeel belemmer die proses.

“SAN sal die proses koördineer. Ons sal onder andere ’n administrateur aanstel om die taak te behartig. Die inligting sal aan die kantoor van die arbeidskommissaris oorhandig word en hulle sal dit verder hanteer en terugvoering verskaf,” het Miljo gesê.

SAN het meer as 80 lidmaatskappye, maar verskeie is nie by die vereniging geregistreer is nie, en die meerderheid voldoen nie aan wetgewing of die regulasies vir vergoeding nie, het Miljo gesê.

Ander kwessies wat by die jaarvergadering aangespreek is, sluit in die daarstelling van regulasies vir die sekuriteitsbedryf, veilige vervoer vir sekuriteitswagte, die nuwe SAN-webwerf, die nuwe SAN-logo en beplande fondsinsamelings.

Die vereniging beoog ook om streektakke in die Noorde en Noordweste te hervestig.

Dié taak sal ook voorkeur van die nuwe SAN-raad geniet, wat Vrydag gekies is.

Saam met Miljo dien mnre. Bart Koopman en Kaboi Tobias as adjunkpresidente.

Mnr. Veiko Peelenga, me. Seriano Mukutu, mnr. Kuume Uutaapama en mnr. Levi Shigwedha is as raadslede herkies, terwyl mnre. David Nujoma en Hanhapo Onesmus saam met mnr. Andre en me. Antoinette Smit by die raad aansluit.

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

14 minute gelede | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...