Wag op Boulter se plaas aangeval

29 March 2021 | Misdaad
Francoise Steynberg – Terwyl die bekende Britse sakeman en moordbeskuldigde mnr. Harvey Boulter (51) meer as ’n maand ná die tragiese skietdood van sy plaasbestuurder, mnr. Gerhard van Wyk (54), steeds in ’n private hospitaal is, het ’n gewapende rooftog Saterdag op sy spogwildsplaas Kaross in die Kamanjab-distrik plaasgevind.

Volgens adj.komm. Rudolf Kanyetu van die Namibiese polisie in die Kunenestreek is Boulter tans onder polisiebewaking in die Auas Hills private hospitaal, nadat hy eers in Mediclinic Windhoek was.

Boulter is op Saterdag 27 Februarie ná die skietvoorval in hegtenis geneem nadat Van Wyk op pad na Outjo-staatshospitaal aan sy maagwond beswyk het wat glo deur Boulter tydens ’n rusie toegedien is. Boulter is in dieselfde hospitaal onder polisiebewaking opgeneem nadat hy tydens dieselfde voorval homself glo in die hand geskiet het.

Hy het op Dinsdag 2 Maart op ’n moordklag in die Outjo-landdroshof verskyn en is borgtog geweier, waarna hy in Mediclinic in Windhoek vir behandeling van sy skietwond opgeneem is. Hy het nog nie een nag in ’n tronksel deurgebring nie en moet weer op 23 April in die hof verskyn.

Presies ’n maand ná die skietvoorval is ’n sekuriteitswag van Namibian Wildlife Protection Saterdag omstreeks 01:00 op Kaross glo deur vier onbekende mans aangeval en met ’n pistool aangehou.

“Die aanvallers het gedreig om die sekuriteitswag te skiet as hy sou skree, sy arms agter hom vasgebind en hom na die slaghuis in die huis ingesleep. Terwyl hulle hom aangerand het, het hulle van hom geëis om die eienaar van die plaas aan hulle te wys,” lui die polisie se misdaadverslag.

“Na bewering het die slagoffer geskree en drie kollegas het met hul motorfietse opgedaag om hom te red. Die verdagtes het met die slagoffer se Huawei 5Y-selfoon en sy dienshaelgeweer op die vlug geslaan.”

Die polisie is deur die sekuriteitswagte ingelig en hulle het saam die voetspore van die verdagtes gevolg en die haelgeweer in die gras gevind.

‘TWEEDE VOORVAL’

Volgens die polisie het die verdagtes die elektriese heining met ’n onbekende voorwerp gesny om die plaas te verlaat.

“Op pad na die hoofpad tussen Kamanjab en Werda, is op vier gasbottels met blaasvlamme en ’n hamer afgekom wat in ’n bos weggesteek is. Dit blyk dat die toerusting bedoel was om op die plaas gebruik te word indien die aanvallers daarin sou slaag om die wagte te oorval,” sê die polisie.

Volgens die polisie het die slagoffer ’n bytwond op sy linkerarm en sy voorkop is geswel weens die aanranding. Hy is na die hospitaal op Kamanjab vir mediese behandeling geneem en sy toestand is stabiel.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en na bewering is dit die tweede poging om ’n misdaad op die plaas te pleeg,” sê die polisie.

Tydens Van Wyk se hartroerende begrafnis op 17 Maart op Outjo, het vriende juis hul kommer uitgespreek dat die plaas deur misdadigers geteiken gaan word weens die waardevolle wildspesies en ondergrondse wapenkluis met “vuurwapens ter waarde van miljoene dollar”.

Die polisieondersoek duur voort.

[email protected]

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

9 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

9 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

9 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

9 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

9 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

9 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

9 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...