WAD maak vroue geldslim

28 February 2018 | Plaaslik
Maria Eiseb - “Begin klein- en mediumsakeondernemings sodat julle nie finansieel van mans afhanklik is nie.”

Dit was die raad van die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, tydens die onlangse gradeplegtigheid van sowat 90 vroue by Vroue-aksie vir Ontwikkeling (WAD). Die vroue het opleiding in finansies en hie­giëne ontvang. Die geleentheid is in Windhoek met die ondersteuning van Coca-Cola Namibia ­Bottling Company (CCNBC) gehou.

Volgens Sioka is vroue se finansiële afhanklikheid van mans in die meeste gevalle die oorsaak van geslagsgeweld.

“Jy is afhanklik van een man vir Brasiliaanse (geweefde) hare, en van nog een vir ander materiële dinge soos huurgeld en lugtyd. Wanneer gaan dit ophou? As jy weens onvoorsiene omstandig­hede die verhouding wil beëindig, maak die man jou dood omdat hy in jou belê het,” het die minister gesê.

Met verwysing na 'n 2016-opname van die ministerie van arbeid, nywer­heidsbetrekkinge en werk­skepping, het Sioka gesê werkloosheid in Namibië tref vroue meer as mans, aangesien 38,8% van vroue ­werkloos is teenoor 29,8% van mans.

Tydens die geleentheid het die CCNBC se bestuurder van ­openbare sake en kommunikasie, me. Enid Johr, gesê: “Daar is nie 'n beter ding om te doen as vroue te ondersteun nie. As jy 'n vrou steun en opvoeding gee, voed jy die nasie op.”

Die uitvoerende beampte van WAD, mnr. Salatiel Shinedima, het gesê as 'n maatskaplik verantwoordelike maat­skappy het Coca-Cola vir WAD gevra of hy vroue met klein ondernemings kan ondersteun deur aan hulle die basiese opleiding vir beter bestuur te gee.

Me. Dorrett Tseitseimou, wat meer as tien jaar haar eie onderneming besit, sê sy het baie by die opleiding gebaat.

“Die opleiding het ons meer finansiële kennis gegee,” het sy gesê. “Al is die inkomste hoe klein, moet jy spaar, en al het jy nie genoeg geld nie, moet jy nie tou opgooi nie.” Volgens Tseitseimou is hulle onder meer ook geleer oor spaargewoontes en gehalte kliëntediens.

Me. Pelgrina Ndumba, 'n siggestremde sakevrou met 'n graad in volwasse onderwys en gemeen­skapsontwikkeling van die Universiteit van Namibië, het gesê:“Ek het 'n graad, maar kon nie werk kry nie. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat Coca-Cola en WAD vir my geskep het. Ek kon weens stres oor werkloosheid nie slaap nie, maar nou kan ek,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

8 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

8 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

8 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

8 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

8 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

8 ure gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

8 ure gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...