Waarskuwing nu00e1 blaps van multimiljoene
Waarskuwing nu00e1 blaps van multimiljoene

Waarskuwing ná blaps van multimiljoene

'n Finale skriftelike waarskuwing is verlede week aan die permanente sekretaris van finansies uitgereik.
Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie



Die multimiljoen-blaps in die toekenning van die tender vir die bou van die nasionale ­oliebergingsaanleg by Walvisbaai het die voormalige voorsittter van die tenderraad en permanente sekretaris van finansies, me. Erica Shafudah, 'n finale skiftelike waarskuwing op die hals gehaal.

Dié tender is in 2014 deur die tenderraad aan China Harbour Engineering Company, in vennootskap met Babyface Civils van mnr. Vaino Nghipondoka, vir N$3,7 miljard toegeken.

Die kontrak is in Namibiese dollar aangegaan en teen 2016 het die projekkoste weens wisselkoers-stygings reeds tot N$5,5 miljard geklim – dus N$1,8 miljard méér as die aanvank­like koste.

Die tenderraad is intussen deur die nuwe Wet op Verkryging deur die verkrygingsraad vervang.

Mnr. George Simataa, kabinetsekretaris, het Shafudah op 9 Mei per brief in kennis gestel dat daar ná 'n ondersoek van vermeende wangedrag na die optrede van sekere senior staatsamp­tenare in die hantering van hierdie projek, besluit is om 'n finale skriftelike waarskuwing aan haar uit te reik.

'n Afskrif van die brief sirkuleer sedertdien wyd op WhatsApp en ander sosiale media platforms.

Simataa sê in die brief hy het in sy ondersoek bevind sy het versuim om vergaderings van die tegniese komitee, waarvan sy “'n integrale deel” was, by te woon. Dit het “nadelige gevolge” vir die regering gehad.

“Hoewel jy altyd die regte standpunt gehuldig het, naamlik dat die tender in Namibiese dollar uitgereik word, inklusief moet wees en nie die risiko van wisselkoersskommelings vir die regering moet inhou nie, het jy nie die tegniese komitee se vergaderings bygewoon nie.

“Dit het by ander die indruk geskep dat die regering aangeneem het die bedrag sal deur die wisselkoers beïnvloed word,” sê hy in sy brief aan haar.

Die dagblad The Namibian het Donderdag berig die permanente sekretaris van die nasionale beplanningskommissie, mnr. Leevi Hungamo, en die hoofregsadviseur in die kantoor van die prokureur-generaal, mnr. Chris Nghaamwa, is die eerste topamptenare wat aangekla is.

Simataa het in antwoord op skriftelike navraag van Republikein oor wat die klagte behels en of nog amptenare aangekla gaan word, gesê dit is “'n interne, administratiewe aangeleentheid” en dat hy nie in hierdie stadium by magte is om dit met die media te bespreek nie.

Die kantoor van die eerste minister het in Maart in 'n verklaring gesê me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat die minister van finansies was ten tye van die toekenning van die tender, kan nie vir die stygende koste van die projek geblameer word nie.

Volgens die verklaring was sy in haar destydse kapasiteit nie verantwoordelik vir toesighouding oor die projek nie. Dit was die taak van 'n ministeriële komitee, bestaande uit verskillende ministers onder voorsitterskap van die direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie – destyds mnr. Tom Alweendo.

Dié komitee is deur 'n tegniese komitee, bestaande uit die permanente sekretarisse en senior amptenare van hierdie ministeries en ander regeringsinstellings, met Hungamo as die voorsitter, bygestaan.

“Die tegniese komitee het aan die ministeriële komitee terugvoering gegee en nie aan Kuugongelwa-Amadhila as die destydse minister van finansies nie,” het haar kantoor in die verklaring gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69%