Waarmee is ons regering besig?
Waarmee is ons regering besig?

Waarmee is ons regering besig?

Mandy Rittmann
BEKOMMERDE NAMIBIËR SKRYF:

Net ná ons gister (Dinsdag) op Eros land, brabbel die lugwaardin, wat deesdae net saamry vir die aankondigings op ons betroubare Air Namibia, weer haar holrug geryde rympie af wat iets in dier voege klink:

"Thank you for flying with Air Namibia. Welcome to Eros . . ." en toe kom sy by die deel wat my brein toe anders hoor as wat sy sê! Ek dink sy het gesê: "We invite you to participate in Air Namibia's frequent flyer program called Rewards." My brein hoor egter: "Since all our planes are impounded, call your horse."

Kêrels, die agteruitgang is nou onomkeerbaar en die tempo neem toe, en ons regering hou hulle besig met enigiets en alles behalwe om die situasie om te draai en die ekonomie te probeer red.

Ons lugredery staan op die vooraand van bankrotskap, die hele horison staan vol halfgeboude geboue wat in groen Chinese nette toegedraai is. Ons water is op, landbou en die ekonomie val uitmekaar, ons bedel geld by die publiek en in die buiteland en werkloosheid neem by die dag toe.

En ons regering se boodskap in die moeilike tye is: 800 miljoen se Swapo-hoofkantooropknappings is nou prioriteit, 19 miljoen vir die sokkerspan se eskapades en niks vir skolesport, 3 luukse karre en oop petrolkaarte per minister is nood­saaklik, Chinese moet voordeel kry bo Namibiërs, en dies meer.

Die wêreld hou op met rook en ons en die Chinese begin nou 'n tabakplaas. Die wêreld plant bome en ons en die Chinese kap dit af. Ander Afrikalande nooi boere om hul landbou te versterk, ons skrik boere af. Ons bure bied aanmoedigingspakkette om beleggings te bekom, maar in Namibië is die reël #@# en betaal.

Dit raak nou laatmiddag en dis winter en die planne is verkeerd om die nag mee te trotseer.

Ek verlang na Racheltjie de Beer, want niks anders sal die koue keer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!