'Waardige' teenstander vir Joshua gevind
Boks
Die Amerikaner Andy Ruiz sal op 1 Junie in Madison Square Garden in New York teen die onoorwonne wêreldswaargewigkampioen, Anthony Joshua, boks.
Joshua sou aanvanklik in sy eerste geveg op Amerikaanse bodem teen Jarrell Miller deur die toue geklim het, maar Miller het intussen ’n opkikkertoets gedruip.
Ruiz het een keer onsuksesvol vir ’n wêreldtitel geveg, toe hy met punte teen Joseph Parker van Nieu-Seeland verloor het, maar die promotor Eddie Hearn sê hy sal ’n waardige teenstander wees.
“Hy sal alles gee en jou vermaak. Selfs al beteken dit dat hy self op sensasionele wyse uitgeslaan word,” het Hearn aan Fighthype.com gesê.
“Ek kan nie bekostig om iemand ’n kans te gee (om teen Joshua te veg) wat nie die ondersteuners sal vermaak nie.
“Ek moes iemand met ’n groot hart kies, wat alles sal doen om die kampioen te word.”
Ruiz het reeds tot die meeste dinge op die kontrak ingestem en daar is glo nog net ’n paar “klein besonderhede” wat uitgestryk moet word voordat hy dit onderteken.
Ruiz was onlangs, op 20 April, in aksie toe hy Alexander Dimitrenko van Duitsland met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde verslaan het.
Einde 2016 het hy in Auckland, Nieu-Seeland onsuksesvol probeer om die Wêreldboksorganisasie (WBO) se titel by Joseph Parker af te neem.
Joshua het Parker intussen verslaan om die WBO-titel by dié van die Wêreldboksvereniging (WBA) en Internasionale Boksfederasie (IBF) te voeg.
• Al die topgerekende swaargewigte se volgende gevegte is teen opponente wat nie juis die bokspubliek gaande het nie.
Deontay Wilder van die VSA (WBC-titelhouer, 40-0-1) klim volgende teen sy landgenoot Dominic Breazeale (20-1) deur die toue, wat in 2016 deur Joshua uitgeslaan is.
Die voormalige kampioen Tyson Fury van Brittanje se volgende opponent is Tom Schwarz, ’n onoorwonne Duitser (24-0, 16 uitklophoue).
Dillian Whyte (25-1), wat groot opgang gemaak het sedert sy uitklopnederlaag teen sy landgenoot Joshua in Desember 2015, is bestem om in Julie te veg teen Oscar Rivas (20-0, 18 uitklophoue, bynaam Kaboom), ’n Colombiaan wat in Kanada woon. – Bygewerk van BBC.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie