Waardasierol is nietig
Waardasierol is nietig

Waardasierol is nietig

Daar moet nog net beslis word oor wie die koste van die grondwaardasiesaak gaan dra nadat ‘n ooreenkoms tussen die partye bereik kon word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Weke nadat plaaseienaars hul saak oor die staat se jongste waardasierol in die hoërhof gewen het, is die Namibië Landbou-unie (NLU) reeds besig om saam met owerhede aan ‘n nuwe, geldige rol te werk.
Die NLU-president, mnr. Ryno van der Merwe, het aan Republikein bevestig dat hulle reeds gister ‘n vergadering met die waardeerder-generaal Rudolf !Nanuseb hieroor gehad het. Boonop word ‘n opvolgafspraak vir binne ‘n week beplan waartydens !Nanuseb ‘n voorlegging oor die nuwe waardasierol sal maak.
Dit volg nadat waarnemende regter Claudia Claasen op 7 Februarie die huidige waardasierol vir plase, asook die proses wat gebruik is om dit op te stel, nietig verklaar het.
Dit is gedoen op grond van ‘n ooreenkoms wat tussen die aansoekers en die respondente bereik is.
Mark Kutzner, die prokureur wat die aansoekers Traupe Farming CC, asook Mapan Boerdery in die hersieningsaansoek verteenwoordig het, sê tydens samesprekings kon die staatsprokureurs sy kliënte se redenasie insien en is daar ooreengekom dat die totale proses hersien moet word.
“Dit beteken die ministerie van grondhervorming sal nou nuwe belastingaanslae moet uitstuur, gebasseer op plaaswaardasies van 2017 en nog meer – die belasting moet op 0,4% van die plaaswaarde in stede van 0,75% bereken word.
“Die rede hiervoor is omdat dié persentasie verlede jaar verlaag is,” het Kutzner gesê.
“Al wat nou oorbly, is om te beslis wie die koste vir die saak moet dek. Ons het die hof versoek om die bevel in ons guns te gee, terwyl staatsprokureurs dit teenstaan.
“Dit is al wat nog uitstaande is,” het hy verduidelik.
Volgens die hofstukke sal die hof op 16 Julie vanjaar hieroor beslis.

NIE 'N 'OORWINNING'

“Ons onderhandel tans oor die belasting en wil nie hê die hofbeslissing moet as ‘n ‘oorwinning’ beskou word nie,” het Van der Merwe in reaksie hierop gesê.
“Ja, die uitspraak was in ons guns, maar ons is besig om sáám met die staat daaroor te praat – iets wat ons van die begin af wou hê,” het hy gesê.
Van der Merwe sê kommersiële boere is bereid om grondbelasting te betaal solank dit billik, regverdig en bekostigbaar is.
“Daar is geen kwessies hieroor nie.”
Van der Merwe sê toe die waadasierolle in 2012 uitgereik is en waardasies met tot 900% verhoog het, was dit onaanvaarbaar vir die NLU.
“Die NLU het sedert 2013 voortdurend voorstelle gemaak om die regulasies waarvolgens die waardes bepaal word, aangepas te kry.
“Ons was onsuksesvol hierin.
“Ons het toe ons besware by die waardasiehof aangeteken. Ons was egter nie tevrede met die waardasiehoef se uitspraak nie en het daarteen appelleer en ‘n hersieningsaansoek in die hoërhof ingedien.
“Dit was suksesvol,” het Van der Merwe gesê.
Die respondente in die saak het onder andere ingesluit die minister van grondhervorming, landdros Johannes Shuuveni, die waardasiehof se voorsittende beampte, die minister van landbou, water en bosbou, die ontvanger van inkomste, asook die minister van finansies.
Dit volg nadat grondeienaars se vyf jaar lange saak, oor of dit wettig is dat die staat grondbelasting eis, verlede jaar in die hooggeregshof gesneuwel het.
Die hooggeregshof het op 28 Julie 2018 die finale woord hieroor gesê toe die appèlsaak tussen Kambazembi-gasteplaas, wat verskeie plaaseienaars verteenwoordig, en die staat met koste van die hand gewys is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066