Waar gaan ons heen?

17 April 2019 | Rubrieke
Dit lê nie op die periferie van my belangstelling nie, maar met Namibiese nuusgebeure wat soos 'n pap melktert in my gesig gegooi word, het ek nie veel van 'n keuse om daarvan notisie te neem nie.

Ek moet sedert Maandagoggend net keer om nie drie treë na links te gee en 'n gemoedsbesakking van kliniese formaat te beleef nie. Sommige mense sal moontlik die besakking heelwat anders wil spel, maar ek sal ter wille van Republikein se gerespekteerde lesers liewer by die skoner weergawe daarvan hou.

Maandagoggend vroeg is twee mense wreed van hul families weggeruk. Afgemaai deur 'n selfaangestelde regter met sy vinger geklem om 'n sneller. Weer eens is 'n moord gepleeg. Moor in ons land is so gerieflik soos om 'n lastige vlieg met smaaklike genot uit die weg te ruim.

My vraag is: Hoekom word daar so maklik 'n lewe geneem? Is dit 'n geval aan 'n gebrek aan opvoeding of is dit maar net omdat dit so maklik geword het?

Lesers sal onthou 'n ruk gelede het 'n ontevrede kollega in die middestad by sy werk ingestap en sy hoof, asook 'n ander vrouekollega gewond. Die hoof is oorlede, terwyl haar kollega oorlewe het. Hy het gemoor omrede hy nie tevrede was nie, so maklik soos dit.

Ontevrede, jaloerse (daar is te min woorde) en pleinweg onopgevoede barbaarse minnaars, kêrels en mans is die alleenheerser in sy skewe wêreld waar hy alleen die besluite neem. Gereeld moet ons hoor dat mnr. X sy maat se lewe geneem het.

Barbaars, brutaal, gewelddadig, onmenslik en vernederend.

Maar daar word gereeld en gerieflik van menseregte gepraat. Watter menseregte? Wat het van die mens se reg geword wat aan die hand van 'n moordenaar hul kinders en naastes moes agterlaat? Die moordenaar in die tronk word beter deur die staat versorg as ons oumense wat met 'n karige staatspensioentjie moet oorleef.

Tronkvoëls, verkragters, moordenaars, diewe en al wat 'n skollie in ons tronke is, het 'n gemaklike lewe met mediese sorg, drie etes per dag en 'n warm kombers wat deur die belastingbetaler voorsien word.

Regerings wat so graag geweldsmisdadigers se menseregte beskerm, behoort die families van vermoordes die res van hul lewe van enige vorm van belasting vry te stel. 'n Paar miljoen Namibiese dollar as vergoeding deur die staat sal nie 'n geliefde terugbring nie, maar finansiële gemoedsrus verseker.

Om iemand in ons mooi land te vermoor, het so maklik geword soos dit vir 'n minderjarige tiener is om drank sonder 'n identiteitskaart by een van die land se vele kuierplekke te koop. Wat my bekommer, is dat die staat en in besonder ons president tjoepstil is.

Wanneer gaan ons Namibiese regering 'n standpunt teenoor moordenaars inneem om sy vredeliewende burgers te beskerm?

Ons oostelike buurman, ­Botswana, pas steeds die doodstraf toe. Tsjad het die doodstraf in 2014 gestop, maar weer die volgende jaar vir terrorisme ingestel. Egipte, Ekwatoriaal-Guinee, Libië, Somalië, Suid-Soedan, Soedan en Nigerië is van die Afrikalande wat steeds die doodstraf as afskrikmiddel gebruik, terwyl Gambië in 2018 'n moratorium daarop ingestel het.

Alhoewel die doodstraf in 1988 laas in Burkina Faso voltrek is, het dié land verlede jaar die doodstraf daar geskrap. Op www.amnesty.org skryf ene Yves Traoré, direkteur van Amnestie Internasionaal (AI), in dié land: “Abolition of death penalty a hard won victory.” My vraag is, a hard won victory vir wie en wat? Dit is slegs 'n oorwinning vir die moordenaars.

Volgens die Universal Declaration of Human Rights is die doodstraf uiters wreed, onmenslik en 'n vernederende straf. Rêrig?

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...