Vyf persone oorleef botsing met beeste
Vyf persone het wonderbaarlik aan die dood ontkom nadat hul sedanvoertuig Sondag in die vroeë oggendure op die Otjiwarongo-Outjopad teen drie beeste gebots het. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie vir die Otjozondjupa-streek, ao. Maureen Mbeha, het die ongeluk sowat 27 km noordwes van Otjiwarongo plaasgevind. Vier van die vyf insittendes is vir ligte beserings in die staatshospitaal op Otjiwarongo behandel. Die bestuurder is kort ná die ongeluk vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Hy is met N$4 000 vir roekelose en nalatige bestuur beboet. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie