Vyf damme nie meer dolleeg

Veral damme in die Gobabis-omgewing het by die onlangse goeie neerslae gebaat en bevat nou gemiddeld 9,8% water, teenoor 'n week gelede se 0,8%.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry.

Dit beteken altesaam is daar nou 2,654 miljoen kubieke meter (Mm³) water méér in Namibiese damme as 'n week tevore en verhoog die nasio­nale gemiddeld van die hoeveelheid water wat damme tans bevat van 19,3% tot 20,4%.

Die Omatakodam, wat volgens NamWater se damverslae reeds in April vanjaar opgedroog het, het 'n enorme 3,745 miljoen kubieke meter (Mm³) water ingekry. Dié dam is dus tans 8,6% vol.

Hierdie dam is een van die drie wat sentrale Namibië, insluitende die hoofstad, van water voorsien.

Die Daan Viljoendam, wat 'n week gelede nog leeg was, se vlakke het gelig tot 83,5%. Dit hou tans 0,358 Mm³ water. Die Tilda Viljoendam het 'n week vantevore op 0,2% gestaan, maar bevat tans 0,198 Mm³ water en is nou 16,4% vol.

NamWater sê egter in Maandag se damverslag dat wateroorplasings van die Daan Viljoendam na die Tilda Viljoendam plaasgevind het.

Die leë Otjivero-slikdam het ook 0,934 Mm³ water ingekry en is nou 12% vol, terwyl die Otjivero-­hoofdam 0,236 Mm³ water ingekry het en tans op 4% staan. 'n Week tevore was net 1,6% van laasgenoemde dam se kapasiteit gevul.

NamWater sê ook hiér is water vanaf die slikdam na die hoofdam oorgeplaas.

Die Gobabis-omgewing se damme bevat dus nou 'n gemiddeld 9,8% water teenoor 'n week gelede toe dit gemiddeld net 0,8% water oorgehad het.

Die Omatjennedam, wat ook leeg was, het nou 0,817 Mm³ water en staan op 16,1%. NamWater sê dié is 'n geskatte lesing wat reeds verlede Vrydag geneem is.

Die Von Bachdam het met bykans 3% vanaf 34,1% gelig nadat dit 1,393 Mm³ water ingekry het en staan nou op 37%.

Die Swakoppoortdam is tans 5,2% vol en die gemiddeld vir die drie damme wat sentrale dele van die land van water voorsien, het van 12,6% na 15,9% gestyg.Die Friedenaudam bevat tans 21,3% water en die Goreangabdam 91%.

Die Suide se damme bevat gemiddeld tans 23,2% water teenoor 'n week vantevore se 23,6%. Die Hardapdam het 8,6% water oor, die Nautedam 72,3% en die Oanobdam 40,1%. Die Dreihuk- en Bondelsdam is steeds leeg.

Die Olushandja dam bevat tans 24,2% water.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!