Vul poste, sê vakbond
Die Namibiese Onderwysersunie (TUN) dreig met optrede, sou die bulletin met vakante poste nie binnekort vrygestel word nie.
Henriette Lamprecht
Die versuim van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur om sy jaarlikse lys van vakante poste betyds vry te stel, plaas geweldige druk op reeds oorlaaide onderwysers en 'n wankelrige onderwysstelsel, sê die Namibiese Onderwysersunie (TUN).
Die vakbond het tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek gemaan onderwysers word “lamgelê” deur die regering se gebrek aan optrede. Volgens TUN se sekretaris-generaal is dit iets wat nie langer geduld kan word nie en is tyd vir praat verby.
“Die tyd vir onderhandelinge is verby, ons dring nou aan op aksie,” het mnr. Mahongora Kavihuha gesê.
Hy het verwys na die ministerie se versuim en vertraging om persone aan te stel in poste wat reeds geadverteer is. Onderhoude is volgens Kavihuha afgehandel en in die geval van bevorderingsposte is aanbevelings deur beide die Onderwysdienskomitee en die Staatsdienskommissie gemaak.
Volgens Kavihuha plaas dit druk op onderwysers se werkslading en die bestuur van skole. “As verantwoordelike kaders wat vir die regering se nalatigheid moet instaan, kan onderwysers nie net sit en kyk hoe Namibiese kinders rondsit sonder om onderrig te ontvang nie.”
Dié opoffering kom egter volgens hom teen 'n prys. Onderwysers is volgens TUN oorwerk en uitgeput as gevolg van hierdie “Harambee-mislukking” om betyds aan die behoeftes van skole en kinders te voldoen.
Sommige poste is volgens Kavihuha vakant weens aftrede, bedankings en swak gesondheid. Volgens hom veroorsaak ministeriële beamptes se “gebruiklike koor” wat sê “tref interne reëlings” dat onderwysers se werkslas met 100% verhoog.
“Waar skole die sogenaamde 'interne reëlings' uitgeput het, sit kinders doelloos in klasse sonder onderwysers en verloor so waardevolle onderrigdae voor die finale eksamens.”
Die vertraagde vrystelling van vanjaar se bulletin met vakatures skep volgens Kavihuha onsekerheid by skole en finale jaar onderwysstudente.
“Skole het reeds die aanvanklike toelating van graad 1- en graad 8-leerlinge gefinaliseer, maar weet nie hoe hul personeel in 2018 gaan lyk nie,” het die vakbondleier verduidelik.
Voorheen is die bulletin volgens Kavihuha in Julie vrygestel en kon aanstellings teen November afgehandel word. Dit het genoeg tyd aan onderwysers gebied wat moet verhuis en vir skole om hul beplanning te doen.
“Nou beteken dit skole moet haas met die onderhoude of deur Desember werk, wat beplanning in die wiele gaan ry.”
Die unie eis die bulletin moet in die eerste week van Oktober verskyn. Gebeur dit nie, sal die vakbond en studente-onderwysers volgens Kavihuha arbeidsoptrede oorweeg.
Die ministerie se woordvoerder, mnr. Absalom Absalom, het gesê die bulletin word binnekort vrygestel. Volgens hom sal 'n aankondiging in dié verband vandeesweek deur die ministerie gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie