Vuisvoosboek

28 January 2019 | Rubrieke
Minette Brink – Woepsie Welgedaan is saam met Hempies Hoogstevrede by die San Francisco-lughawe se 5 Diamonds Club, eersteklaswagkamer van United Airlines - 19 Januarie 2019, 20:50.

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede eet canapés en drink Moët & Chandon by die San Francisco-lughawe se 5 Diamonds Club, eersteklaswagkamer van United Airlines - 19 Januarie 2019, 21:46.

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede is op pad van die San Francisco-lughawe na die Cancún-lughawe, Mexiko. – 19 Januarie 2019, 23:35

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede het aangekom by die Cancún-lughawe, Mexiko – 20 Januarie 2019, 07:55.

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede is verontrief deur die lang wag by doeane van die Cancún-lughawe, Mexiko. – 20 Januarie 2019, 08:41.

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede ry saam met Royal American Limousines na die Hard Rock Hotel in Cancún, Mexiko - 20 Januarie 2019, 09:12

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede het aangekom by die Hard Rock Hotel in Cancún, Mexiko - 20 Januarie 2019, 09:54.

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede geniet hul eiers en ‘n see-uitsig by die Hard Rock Hotel in Cancún, Mexiko - 20 Januarie 2019, 10:35

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede drink espresso’s by die Hard Rock Hotel in Cancún, Mexiko - 20 Januarie 2019, 11:20

Woepsie Welgedaan en Hempies Hoogstevrede is baie, baie moeg - 20 Januarie 2019, 12:00.

Minette Brink het van haar huis vertrek en is op pad om ‘n brood te gaan koop - 19 Januarie 2019, 17:51.

Minette Brink het aangekom by die winkel - 19 Januarie 2019, 17:55.

Minette Brink koop ‘n brood - 19 Januarie 2019, 17:58.

Minette Brink verlaat die winkel - 19 Januarie 2019, 18:03.

Minette Brink betaal die karwag - 19 Januarie 2019, 18:04.

Minette Brink vertrek uit die winkel se parkeerterrein -19 Januarie 2019, 18:06.

Minette Brink het by die huis aangekom - 19 Januarie 2019, 18:11.

Minette Brink sluit die voordeur oop - 19 Januarie 2019, 18:14.

Minette Brink sluit die voordeur toe - 19 Januarie 2019, 18:15.

Minette Brink was haar hande - 19 Januarie 2019, 18:16.

Minette Brink eet roosterbrood met avokado - 19 Januarie 2019, 18:20.

Minette Brink drink rooibostee - 19 Januarie 2019, 18:32.

Minette Brink is in die bad - 19 Januarie 2019, 19:05.

Minette Brink lees ‘n boek - 19 Januarie 2019, 19:35

Minette Brink is in die bed - 19 Januarie 2019, 22:12.

Minette Brink sit die bedliggie af - 19 Januarie 2019, 22:13.

Minette Brink staar vir die donker plafon – 19 Januarie, 2019, 22:17.

Minette Brink sug diep – 19 Januarie 2019, 23:10.

Minette Brink is baie, baie bekommerd – 20 Januarie 2019, 00:00.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

8 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

8 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

9 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

21 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

21 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

21 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

21 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

21 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

21 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...