VSA wil 'iets' vir klimaat doen
'n Nuwe platform vra vir die vinnige herstrukturering van die Amerikaanse ekonomie se afhanklikheid van fossielbrandstof.
Demokrate, onder wie ses Amerikaanse presidentskandidate, het Dinsdag 'n kongres-resolusie bekend gemaak waarin 'n noodtoestand oor klimaatverandering verklaar word.
Dit is gedoen om wydlopende veranderings aan te moedig om die gevaarlike styging in temperature wêreldwyd te stuit.
Die nie-bindende resolusie is deur Alexandria Ocasio-Cortez, demokratiese verteenwoordiger vir die deelstaat New York, Earl Blumenauer en sen. Bernie Sanders, presidentskandidaat, voorgestel.
In die resolusie word aangedring op “nasionale, maatskaplike, ekonomiese en nywerheidsmobilisasie” om die gevolge van die klimaatkrisis “te stop, in trurat te sit, te versag en om die klimaat vir toekomstige generasies te herstel”.
Dit volg op 'n projeksie deur die Verenigde Nasies (VN) se interregeringspaneel oor klimaat, dat die aarde oor 12 jaar 1,5 °C warmer kan wees as voor industrialisasie wat “onomkeerbare, katastrofiese gevolge” vir die planeet inhou.
Ocasio-Cortez het gesê dit is 'n politieke krisis omdat niemand iets doen nie.
“Dit gaan politieke wil en politieke moed vat om dit met dringendheid te hanteer.”
'n Dag vantevore het pres. Donald Trump in 'n toespraak sy regering se omgewingsrekord opgenoem.
Hy het nie klimaatsverandering genoem nie en het die Green New Deal-platform gekritiseer.
Die nuwe platform vra vir die vinnige herstrukturering van die Amerikaanse ekonomie se afhanklikheid van fossielbrandstof.
Dit word deur Ocasio-Cortez en baie demokrate ondersteun.
Altesame 16 van die 20 Demokratiese presidentskandidate ondersteun dit of help om dit te borg.
Geen stemdatum is nog vir die resolusie vasgestel nie.
Klimaatsaktiviste wêreldwyd probeer regerings oortuig om klimaatsverandering as 'n noodsituasie te erken.
Meer as 700 owerhede in 16 lande het reeds klimaatnoodsituasies verklaar, luidens die Climate Mobilasation Group.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie