VSA-matrose se lyke gekry ná botsing ter see
Japanse kus
Sewe lyke van matrose van die Amerikaanse vlootskip USS Fitzgerald is gevind nadat die skip Saterdag teen ’n vraghouerskip naby die Japanse kus gebots het.
Die USS Fitzgerald het met die houerskip, wat amper drie keer groter is, suidwes van Jokosoeka gebots.
Die houerskip, die ACX Crystal, wat 222 m lank is en onder die Filippynse vlag gevaar het, het kort voor die botsing ‘n 180 grade draai gemaak, het data van die marieneverkeer-webtuiste aan die lig gebring. Dit is nie duidelik hoekom die skip so skerp gedraai het nie.
“Die lyke van die matrose is in oorstroomde kompartemente van die vlootskip gevind,” het vise-admiraal Joseph Aucoin Sondag aan Reuters gesê.
Aucoin sê die USS Fitzgerald kon gestrand het of selfs gesink het as dit nie vir die bemanningslede se gewaagde pogings was om die skip te red nie.
“Die skade is beduidend. Daar was ’n groot skeur in die romp onder die water.”
Hy sê daar was 285 bemanningslede aan boord tydens die ongeluk en die meeste van hulle het geslaap toe die vlootskip met die houerskip gebots het. Die bevelvoerder se kajuit is verwoes. - Nampa/AFP/Reuers/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie