VSA maak stem dik oor Rusland, Navo
Mike Pence, Amerikaanse visepresident, het Saterdag probeer om Amerika se alliansievennote gerus te stel deur die versekering te gee dat die administrasie van pres. Donald Trump Navo sal steun en by Europa sal staan ondanks die VSA se pogings om nuwe maniere van samewerking met Rusland te ondersoek.
In die eerste groot toespraak oor buitelandse beleid deur die nuwe Amerikaanse administrasie, het Pence alliansievennote in München, Duitsland, op 'n kongres oor veiligheidsake gewaarsku om ook 'n billike bydrae tot die ondersteuning van Navo te lewer.
Volgens hom is daar by baie lande nie “ 'n duidelike en geloofwaardige plan” om dit te doen nie.
Hy het bygevoeg Rusland moet die Minsk-vredesverdrae eerbiedig en geweld in die oostelike Oekraïne staak.
“Weet dít: Die VSA sal voortgaan om Rusland aanspreeklik te hou, selfs terwyl ons soek na meer gemeenskaplike belange – iets wat, soos julle weet, pres. Trump kan vind.”
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie