VSA kry nuwe ambassade in Windhoek

Estelle de Bruyn
Die Amerikaanse diplomatieke sending in Namibië het eiendom aangeskaf waar ‘n splinternuwe ambassadegebou opgerig sal word.

Dit is op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Metjestraat geleë en strek tot by Dr. Kenneth Kaundastraat in Klein Windhoek.

Volgens ‘n kennisgewing wat aan die heining van die eiendom aangebring is, moet die stadsbeplanningsafdeling van Windhoek eers Erf 353 en ‘n gedeelte van Erf 127 in Klein Windhoek van residensieel na “spesiaal” hersoneer sodat die ambassade daar opgerig kan word.

Die publiek is tot 19 Junie vanjaar gegun om beswaar teen die beplande hersonering en oprigting van die ambassade te maak.

Mnr. Eric Atkins, woordvoerder van die ambassade, het aan Yolanda Nel van Windhoek Express gesê die Amerikaanse regering hoop die nuwe ambassade in Windhoek sal ’n simbool wees van die sterk en groeiende betrekkinge met Namibië.

Hy kon nie besonderhede verskaf oor die koste van die projek of wanneer met bouwerk begin sal word nie.

“Ons voorsien dat ‘n nuwe ambassade, waar al die agentskappe en kantore in een gebou sal wees, sal help om ons langtermyn- bilaterale doelwitte beter te verwesenlik,” het Atkins gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!