VSA jagter kry groen lig vir horings invoer
VSA jagter kry groen lig vir horings invoer

VSA jagter kry groen lig vir horings invoer

Die Trump-administrasie het 'n trofeejagter se invoerpermit goedgekeur.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Trofeejagter van Michigan, mnr. Chris Peyerk (53), het by Amerikaanse owerhede aansoek gedoen om 'n permit om die horings, skedel en vel in te voer van die swartrenoster wat hy verlede jaar in Namibië gejag het.

Volgens Associated Press het die Trump-administrasie Peyerk se permit goedgekeur om dié dele van die bedreigde swartrenoster in te voer, wat hy teen US$400 000 in die land gejag het.

Peyerk is die president van 'n groot ­boumaatskappy, Dan's Excavating Inc., in Michigan.

Volgens die New York Times het hy in April by die Amerikaanse Vis- en Wild­lewediens om die permit aansoek gedoen.

Volgens die wet op bedreigde spesies is dit onwettig om jagtrofeë van bedreigde spesies na Amerika in te voer, tensy dit die oorlewing van die spesie bevorder.

Mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, sê Peyerk het die 29-jarige swartrenosterbul in Mei 2018 in die Mangetti Nasionale Park in die noordooste van die land vir N$5,8 miljoen gejag.

Die ou bul het glo met jonger bulle se teelproses ingemeng en die bevolkingsgroei gekniehalter.

Die jagter se betaling aan die ­ministerie se Wildproduktefonds is vir renosterbewaring geoormerk, het Muyunda ­bevestig.

Die woordvoerder sê die jagkwota van swartrenosters in Namibië is vyf ou bulle 'n jaar, “maar dit beteken nie ons laat jaarliks vyf van die diere jag nie”.

Hy sê ondanks dié kwota hang die aantal swartrenosterbulle wat per jaar gejag word af van die beskikbaarheid van ou probleembulle wat jong bulle aanval en hulle verhinder om te teel.

Muyunda sê in 2018 is slegs dié ­spesifieke swartrenoster gejag.

Mnr. John J. Jackson III, 'n regsverteenwoordiger van Louisiana wat gratis regshulp aan trofeejagters deur die niewinsgewende organisasie Conservation Force verskaf, verteenwoordig Peyerk.

Jackson het jagters aan wie permitte toegestaan is ook al in die verlede verteenwoordig, berig Associated Press.

Hy is 'n voormalige president van Safari Club International, 'n trofeejaggroep wat Amerikaanse invoerregulasies van ­bedreigde grootwild wil laat verslap.

“Ons vestig en ondersteun ­programme op voetsoolvlak om die oorlewing van die spesifieke spesie te bevorder. Ons sending is die herstel van die spesie se bevolking, nie die jagter se private belang nie,” het Jackson aan Associated Press gesê.– Bykomende bronne: AP/New York Times

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!