VSA groei vinnigste sedert 2014
VSA groei vinnigste sedert 2014

VSA groei vinnigste sedert 2014

Die Amerikaanse ekonomie – die grootste ter wêreld – het in die tweede kwartaal teen 4,2% gegroei vergeleke met die eerste kwartaal – die vinnigste groei sedert laat 2014.

Die finale bruto binnelandse produk (BBP) vir die tweede kwartaal van 2018 is Donderdag deur die departement van handel se buro vir ekonomiese ontleding uitgereik. Die VSA reik die syfers drie keer uit soos wat dit hersien word, maar dit is nie sedert die vorige raming , in Augustus, aangepas nie.

Van jaar tot jaar gemeet, was die groei 2,9% hoër as in die tweede kwartaal van 2017. Dit is in pas met die jaargroei wat Moody’s Investors Service vir die VSA vir die hele 2018 voorspel.

Daarteenoor het Suid-Afrika se ekonomie in die tweede kwartaal op ’n kwartaalgrondslag met -0,7% gegroei en op ’n jaargrondslag met net 0,4% gegroei. Suid-Afrika is in ’n resessie van twee kwartale se negatiewe groei.

Huishoudelike besteding bly die grootste aandrywer van groei – dit het 2,75 punte tot die 4,2% bygedra.

Pres. Donald Trump eis gereeld erkenning vir hoe goed die ekonomie vaar, maar hy het nog nie Donderdagmiddag iets daaroor getwiet nie.

RENTEKOERS VERHOOG

Die land se Federale Reserweraad (Fed) het Woensdagaand die rentekoers met 0,25 van ’n persentasiepunt verhoog as deel van ’n langdurige proses om rentekoerse te normaliseer.

Die land se inflasie en werkloosheidskoers is naby die Fed se teiken en Jerome Powell, Fed-voorsitter, het beklemtoon die Amerikaanse ekonomie is kerngesond.

Hy het wel kommer uitgespreek oor die handelsoorlog, wat groei aan bande kan lê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!