VSA-ambassadeur gek oor Namibiese beesvleis

06 March 2018 | Landbou
Estelle de Bruyn - Amerika se nuutaangestelde ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, sê sy is nie eintlik ‘n vleiseter nie, maar sedert haar aankoms in Namibië ongeveer ‘n maand gelede het sy Namibiese bief ontdek en dit is die beste wat sy nog ooit geproe het.

Tydens ‘n informele ontmoeting met plaaslike joernaliste, het Johnson daarop gewys dat Namibië die eerste land in Afrika is om goedkeuring van Amerikaanse owerhede te kry om beesvleis na die VSA uit te voer.

Sy sê al die struikelblokke is oorbrug en die fynere tegniese besonderhede is gefinaliseer om die vleis uit te voer. Nou is dit in die hande van Meatco en Amerikaanse invoerders om ooreenkomste te sluit sodat Amerikaners ook die geleentheid kan kry om weg te lê aan sappige Namibiese biefstukke.

Johnson hoop om gedurende haar termyn verdere handelsooreenkomste tussen die twee lande te fasiliteer ten einde seker te maak dat Namibië ook ander produkte na die winsgewende Amerikaanse mark kan uitvoer.

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

10 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

20 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

20 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

20 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

20 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

20 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...