Vrywilligers maak skoon by staatshospitaal
Mnr. Martin Nepembe van Harambee Counselling Namibia, KK Cleaning Services & Renovation en die Swakopmund Environment & Health Youth Klub gaan met die hulp van plaaslike vrywilligers die staatshospitaal op Keetmanshoop van binne en buite ’n nuwe, ‘skoon’ baadjie gee. Nepembe en ’n vrywilliger het ook in Desember ingespring en ses munisipale toilette wat deur verskeie huishoudings in die Ileni-informele nedersetting gebruik word, van hoek tot kant skoongemaak.
Nepembe se liefde vir higiëne en ’n weersin in afval en verval, motiveer hom om dié projekte aan te pak.
Nepembe se liefde vir higiëne en ’n weersin in afval en verval, motiveer hom om dié projekte aan te pak.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie