• Tuisblad
  • Sake
  • Vryhandelspakt sal Afrika-deure wyer oopmaak
Vryhandelspakt sal Afrika-deure wyer oopmaak
Vryhandelspakt sal Afrika-deure wyer oopmaak

Vryhandelspakt sal Afrika-deure wyer oopmaak

Van die lidlande van die drie­ledige vryhandelsooreenkoms (TFTA) is van die snelgroeiendste ekonomieë in Afrika.
Francois Williams



Handel tussen lande in Suider- en Oos-Afrika kan verbeter as die drieledige vryhandelsoor­eenkoms (TFTA) eers bekragtig is.

Dit sal voorsiening maak vir vrye beweging van sakelui tussen die verskeie lidlande en sal nuwe markte vir Suid-Afrika oopmaak, sê Wamkele Mene, hoofdirekteur vir Afrika multilaterale ekonomiese verhoudings by die departement van handel en nywerheid.

Die TFTA is 'n vryhandelsooreenkoms tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (waarvan Suid-Afrika en sy buurlande lid is), die Oos-Afrika-gemeenskap, en Comesa (Gemeenskaplike mark vir Oostelike en Suider-Afrika).

Van die TFTA-lidlande is van die snelgroeiendste ekonomieë in Afrika, soos Rwanda, Ethiopië en Tanzanië. Die TFTA-lidlande het meer as 626 miljoen mense - net meer as die helfte van die totale bevolking van Afrika. Die TFTA moet nog deur Suid-Afrika bekragtig word, en dit is nog in die parlement onder bespreking. Mene het Woensdag die TFTA met die gekose komitee oor handel in die nasionale raad van provinsies bespreek.



Die drieledige vryhandelsooreenkoms

Die drieledige vryhandelsooreenkoms is in Junie 2015 in Egipte bekend gestel.

Onderhandelings oor die regsteks van die hoofooreenkoms is in Mei 2017 afgehandel. Suid-Afrika het die ooreenkoms in Julie 2017 onderteken, maar het dit nog nie bekragtig nie.

Die ooreenkoms is al deur 22 van die 26 lidstate onderteken. Nog net Egipte en Uganda het die ooreenkoms bekragtig, en sodra 14 lidstate dit bekragtig het, sal dit van krag wees.

Mene sê die TFTA mik om die streekmark te integreer en nywerheidsontwikkeling te bevorder. Mene is die hoofonderhandelaar vir Suid-Afrika in handelsgesprekke binne Afrika. Die TFTA sal regsekerheid verskaf vir die handelsvennote.

Mene verduidelik Suid-Afrika en Kenia dryf byvoorbeeld handel ingevolge die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie, en met die TFTA sal dispute vinniger opgelos kan word. Die ooreenkoms sal Suid-Afrikaanse uitvoerders beskerm. Dispuutoplossings sal buite nasionale howe beslis kan word.

Die potensiële bedreigings van die TFTA vir Suid-Afrika is volgens Mene by herverskeping van vrag, waar derdeparty-invoerders toegang tot 'n mark kry, d.w.s. waar nie-ondertekenaars van die TFTA ook voordeel trek uit die ooreenkoms ten koste van TFTA-lede self.

Dit skep ook die risiko van storting van substandaard goedere, maar Mene meen doeltreffende grensbestuur kan dit oplos. Suid-Afrika se handel met TFTA-lidlande beloop sowat 16% van sy totale handel, en dit het in 2017 meer as US$27,6 miljard beloop. Die meeste hiervan was met SAOG-lande, gevolg deur Egipte, Kenia, Ethiopië en Uganda.

Suid-Afrika se meeste handel binne die TFTA-lidlande is met Namibië, Botswana en Mosambiek. Mene verduidelik Suid-Afrika se spesifieke tariefonderhandelings oor die TFTA vind plaas met lande in Oos-Afrika soos Kenia, Burundi en ­Tanzanië.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%