Vrydag nié ’n openbare vakansiedag
Die Dag van die Afrika-kind wat Vrydag gevier word, is nie ’n openbare vakansiedag vir skole nie. Volgens ’n amptelike skrywe van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is dit ’n dag wat “formeel by skole gevier moet word”.
“Die Dag van die Afrika-kind moenie ’n formele dag van onderrig wees nie, maar herdenkings- en bewusmakingsaktiwiteite moet plaasvind wat tot voordeel en tot waarde van ons leerlinge strek.”
Enige vieringe rondom die dag moet binne normale skoolure van 07:30 tot 13:00 strek en kan van ’n motiveringspreker tot gedigte en kulturele danse insluit.
Republikein vra om verskoning vir die foutiewe aanduiding in die SMS-kolomme van 14 Junie 2017 dat die dag op die skoolkalender as vakansiedag aangedui is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie