Vrugte van hoop teen kanker
Vrugte van hoop teen kanker

Vrugte van hoop teen kanker

Die tema van vanjaar se Bank Windhoek-kankerappelprojek, wat onlangs weer van stapel gestuur is, is “Meer as ’n appel – ’n vrug van hoop”.

Dit is die 19de agtereenvolgende jaar dat die fondsinsamelingsprojek ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) gehou word.

Appels kan tot 31 Julie teen N$5 per appel gekoop word.

In 2018 is 760 000 appels verkoop en N$3 miljoen ten bate van CAN ingesamel.

Tussen Maart 2018 en Februarie vanjaar het CAN 3 778 vroue vir servikale kanker ondersoek, 1 083 van dié vroue is vir verdere ondersoek verwys en 31 bevestigde gevalle is in al 14 streke behandel.

Meer as 4 500 kliniese borsondersoeke is gedoen.

Altesaam 788 mans is vir prostaatkanker ondersoek, waarvan 54 verwys is en 17 diagnoses bevestig is.

Soos elke jaar sal die skole wat die meeste appels per leerling verkoop kontantpryse ter waarde van N$60 000 van Bank Windhoek ontvang.

Maerua SuperSpar sal skryfbehoeftes ter waarde van N$5 000 skenk aan elke skool wat in hul kategorie eerste kom.

Laas jaar het meer as 600 skole van oraloor die land deelgeneem.

Om alle deelnemende skole ’n gelyke en regverdig kans te gee om te wen, word die gemiddeld tussen die aantal appels bestel en die aantal leerlinge by ’n skool deur PricewaterhouseCoopers (PwC) bereken.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!