Vrouespan wen 2018 Pent-kampioenskap
Vrouespan wen 2018 Pent-kampioenskap

Vrouespan wen 2018 Pent-kampioenskap

Afrigter Manuel Tjivera se span het 'n jarelange wendroogte beëindig.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië se senior nasionale netbalspan het gister die tweede weergawe van die Debmarine Pent-toernooi by die Israel Iyambo polisiekollege in Olympia gewen toe hulle met 54-43 teen Zambië geseë­vier het.

Met dié oorwinning agter die blad het Namibië die tweede land ná Zimbabwe geword om gesogte kompetisie van Netbal Namibië wen. Dit beëindig ook 'n jarelange wendroogte vir Namibiese netbal op internasionale vlak.

Die Woestynjuwele moes in die laaste wedstryd van die toernooi teen Zambië behoorlik beplan om sy teenstander hok te slaan.

Voor dié botsing het Namibië drie wedstryde gespeel, twee gewen en 148 doele gegooi, terwyl sy teenstanders net 116 kon aanteken. Namibië se positiewe doelverskil van 32 was heelwat beter as Zambië se 24. Zambië het ook drie wedstryde gespeel, twee gewen en 164 doele behaal, maar sy mededingers het 140 punte teen hom aangeteken.

Indien Namibië gelykop sou speel, sou die Woestynjuwele met 'n beter doelverskil steeds as die 2018-kampioen bekroon word.

Zimbabwe het ook 'n buitekans gehad, maar sy doelverskil van 'n skrale tien punte het swaar teen hom getel. Zimbabwe het ook twee uit drie gewen en 153 doele gegooi, maar met die telling van 143 teen hom moes hulle gister die Namibiese A-span met minstens 30 punte klop om die Juwele vir die wentrofee verby te kon steek.

Die “finaal” het blitsig met goeie aangeë begin, waar Namibië goeie hantering ten toon gestel het om vinnig voor te loop. Maar Zambië word nie verniet hoër as sy teenstander deur die Internasionale Netbalfederasie gereken nie en steel ver­skeie balle om ná die eerste kwart met 14-12 voor te loop.

Zambië teken in die tweede kwart minder punte aan en Namibië vermors self 'n paar goue kanse om voor te loop. Die vroue vind egter hul kalmte en sluit dié tydperk op 26-elk af.

In die derde kwart swaai die Juwele die botsing in hul guns met stewige verdediging en kaptein Anna Kaspar wat elke poging die bal deur die net laat vlieg.

Om te sê die gasheer het die ronde oorheers, is sag gestel, want Namibië ryg 15 doele teen Zambië se elf in om met 41-37 die voortou te neem.

Met 'n oorwinning in sig het die Namibiërs in die laaste minute op verdediging gefokus waar Zambië net ses doele kon byvoeg, terwyl die tuisspan 'n verdere 13 doele bewerkstellig om die wedstryd met elf doele te wen.

Manuel Tjivera, hoofafrigter van die Juwele, het die vorige dag gehoop om minstens 'n gelykopuitslag teen Zambië af te dwing, maar is ná gister se oorwinning trots op sy span se vertoning.

“Die kompetisie was geweldig straf, maar dis 'n baie goeie maatstaf vir my waar ons onsself tans op internasionale vlak bevind.

“Die Afrika-kampioenskap lê nou voor wat as 'n kwalifiserende ronde vir die Wêreldbeker dien. Deeglike voorbereiding is die wagwoord en dit is presies wat ons gaan doen,” het die breier trots vertel.

Anna Kaspar is as die voorste doelgooier in die toernooi met N$2 000 beloon.

Namibië-A het sy laaste botsing gister teen Zimbabwe met 62-30 verloor.



Die finale puntestand:

Namibië: Drie uit vier gewen, doele vir en teen 202-159, doelverskil +43.

Zimbabwe: Drie uit vier gewen, doele vir en teen 215-173, doelverskil +42.

Zambië: Twee uit vier gewen, doele vir en teen 207-194, doelverskil +13.

Botswana: Twee uit vier gewen, doele vir en teen 179-178, doelverskil +1.

Namibië-A: Nul uit vier gewen, doele vir en teen 129-228, doelverskil -99.

- Bykomende inligting Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!