Vrouespan die buiteperd in Zim-reeks
Vrouespan die buiteperd in Zim-reeks

Vrouespan die buiteperd in Zim-reeks

Die hoër gerekende buurland word in 'n reeks van vyf wedstryde getakel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Soos dit 'n sportspan met ambisie op internasionale vlak betaam, het die Namibiese vrouekrieketspan nie gedurende Desember slapgelê nie.

Die Namibiërs begin speel môre in 'n reeks van vyf T20-wedstryde teen die besoekende Zimbabwe, met die daaropvolgende wedstryde Sondag, Maandag, Woensdag en Donderdag.

Al die wedstryde word by die Sparta-veld op Walvisbaai gespeel, met spel wat daagliks om 10:00 begin.

Christopher Coombe, afrigter van die vrouespan, sê die T20-wedstryde vorm deel van 'n aantal verpligte reekse wat deur die loop van die jaar afgehandel sal word.

Zimbabwe verdedig 'n onoorwonne rekord teen Namibië.

“Zimbabwe is tans 13de op die wêreld­ranglys en ons is 26ste. As ons dus 'n wedstryd of twee kan wen (ons het dit in Januarie 2018 amper reggekry), sal dit ons baie help om vinniger 'n beter posisie te verdien en om Namibië in staat te stel om 'n plek in kwalifiserende Wêreldbeker-toernooie te verseker,” sê Coombe.

Onder kaptein Yasmeen Khan het die Namibiese vroue gedurende Augustus verlede jaar as die onoorwonne kampioenspan uit die stryd getree in 'n T20-toernooi in Botswana waaraan ses ander laer gerekende Afrika-nasies meegeding het.

Dit was die betrokke lande se eerste geleentheid in die geskiedenis om punte op die wêreldranglys te verdien. Adri van der Merwe het as die voorste lopiemaker die toekenning as speler van die toernooi gekry.

Volgens Coombe het 'n klubtoernooi tussen vyf spanne op Walvisbaai vroeg in Desember gedien om die spelers wedstrydblootstelling te gee. Wilka Mwatile was die speler van die toernooi, Kayleen Green die voorste bouler en Yasmeen Khan die topkolwer. Die kampioenklub was die Zebras van Windhoek.

Sedertdien was daar ook 'n oefenkamp en was die spelers gedurende die feesseisoen byeen om krieketballe te slaan en fiksheidswerk te doen.

Coombe sê die terugkeer van Suné Wittmann, 'n veelsydige naatbouler, ná 'n besering bring ook waardevolle ondervinding terug in die groep.

“Ons het ook doelbewus meer draaiboulers ingesluit, wat in die vrouespel nogal 'n groot faktor is,” sê Coombe.

Die enkele debutant in die Namibiese groep is Roché Venter, 'n aanvangskolwer.

Die Namibiese spelersgroep: Yasmeen Khan (kaptein), Arrasta Diergaardt, Dietlind Foerster, Zhantay Frans, Kayleen Green, Victoria Hamunyela, Constancia Kauripeke, Eveleen Kejarukua, Reehana Khan, Wilka Mwatile, Shiomwenyo Namusha, Sylvia Shihepo, Adri van der Merwe, Roché Venter, Suné Wittmann.

Die span word bygestaan deur Christopher Coombe (afrigter), Fortune Matawu (hulpafrigter) en Andria Brand (spanbestuurder).

• 'n Regstreekse telbord van die wedstryde sal op www.cricHQ.com gevolg kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!