Vroueliga se verkiesing was vry en regverdig: Shangala
Vroueliga se verkiesing was vry en regverdig: Shangala

Vroueliga se verkiesing was vry en regverdig: Shangala

Swapo se vroueliga het die naweek die nuwe leierskap verkies, waarna die spreekwoordelike hare behoorlik gewaai het met beweringe van kullery.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Klagtes oor kullery met die verkiesing van die Swapo-vroueliga se leierskap en ‘n gemor omdat dit lank geneem het om die uitslae aan te kondig, is deur die voorsittende beampte in beheer van die naweek se verkiesing, Namibië se prokureur-generaal, mnr. Sacky Shangala, verwerp.

Altesaam 557 lede van die vroueliga het die naweek op Keetmanshoop byeengekom om ’n nuwe sekretaris en ondersekretaris van die liga en 37 lede van Swapo se sentrale komitee aan te wys.

Shangala het by navraag aan Republikein gesê die vergadering het besluit dat op een stembrief vir die sekretaris en ondersekretaris gestem wou word en op ‘n afsonderlike stembrief vir die lede van die sentrale komitee. Altesaam 81 lede is vir die 37 posisies op die sentrale komitee van die party genomineer.

“Die verkiesing moes Vrydag om 14:00 begin het, maar die afgevaardigdes het eers om 21:00 begin stem. Die laaste stem is om 05:28 Saterdag uitgebring. Daar is dus vir meer as agt ure lank gestem.

“Ek het presies om 06:10 die eerste stembus en die stemme vir die sekretaris en ondersekretaris begin tel. Om 09:15 was ek klaar met die tel van hierdie stemme. Om 09:30 het ek begin om die stemme vir die sentrale komitee te tel en ek het 11 ure later, om 20:30 met die tellery klaargemaak. Die uitslae is om 22:30 aangekondig.

“Dit is mos nie onredelik nie. Met 81 kandidate en 557 moes 45 117 stemme getel word. Die verkiesingswaarnemers was verteenwoordigend van die bevolking; daar was Damara-, Rukwangali, Oshiwambo-sprekendes.

“Na afloop van die verkiesing was hulle almal op die verhoog en ek het die afgevaardigdes die geleentheid gegee om enige vrae te vra wat hulle oor die verkiesing gehad het. Een afgevaardigde wou ‘n vraag vra, maar die res van die afgevaardigdes het gesê hulle is moeg, hulle wil gaan en wil nie vrae hê nie.

“Ek het gevolglik die verkiesings as vry en regverdig verklaar. Ek het ook gesê in die verkiesingsproses is foute begaan en het verduidelik hoe dit reggestel is,” het Shangala gesê.

Gevra oor die bohaai ná afloop van die uitslae en die swartsmeerdery en beskuldigings wat op ''n sosiale media-groep rondgevlieg het en of hy verbaas was daaroor, het hy gesê dit het nie as ‘n verrassing gekom nie.

“Ek het die WhatsApp-groep gestig sodat ons inligting kon uitruil. Van die afgevaardigdes het dit egter as ‘n aanvalsforum gebruik.

“Ek het al die statistiek vir hulle gegee en verduidelik dat dit tussen 10 en 15 minute geneem het vir iemand om te stem. My mense het vir twee dae nie geslaap nie. Ek het geen rede gehad om met hierdie verkiesing of enige verkiesing te kul nie. ‘n Kullery bring ‘n mens se geloofwaardigheid in die gedrang en dit is nie die moeite werd nie.

“Die mense was baie bly oor die uitslag. Dit is net diegene wat dit nie gemaak het nie, wat kwaad was. Ek is bereid om weer aan enige iemand wat navrae het, al die statistiek en inligting bekend te maak,” het Shangala gesê.

Me. Eunice Iipinge is met 249 stemme as die sekretaris van die vroueliga verkies en me. Fransina Kanhungu is die ondersekretaris, met 223 stemme.

Wat die vroueliga se verteenwoordiging op die sentrale komitee betref, het me. Netumbo Nandi-Ndaitwah die meeste stemme (354) op haar verenig, gevolg deur me. Pendukeni Iivula-Ithana (351) en Clara Bohitile (334).

Van die bekende name wat dit nie gemaak het nie, is die voorsitter van die Nasionale Raad, mee. Margaret Mensah-Williams (wat 52ste op die lys geëindig het); Bernadett Jagger (39ste op die lys); Lucia Basson (57ste) en Maureen Hinda (61ste).

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%