Vroue se kroon haar passie
Vroue se kroon haar passie

Vroue se kroon haar passie

Tanja Bause
Tanja Bause - Dit is vir haar lekker om vroue mooi te maak en veral te sien hoe bly hulle is wanneer hulle met ’n nuwe kapsel uitstap.
So sê die 43-jarige me. Anna Aumpanda, die eienaar van Anna Hair Salon wat sy drie jaar gelede in Katutura se informele nedersetting oopgemaak het. Volgens Anna het sy haar werk by die Ramatex-tekstiel­fabriek verloor en was sy vir ’n ruk werkloos.
Vandag is daar egter ’n vrolike gekwetter in die klein sinkhuisie in Monte Christo-straat soos die haarkappers in haar diens en die kliënte lag en gesels. Orals teen die mure verklap verskeie foto’s van verskillende soorte haarstyle en kunshare jy is by Anna se haarsalon.
“Ek het besluit ek kan nie net rondsit nie en het begin leer hoe om hare te vleg en mooi te maak sodat ek die salon kan oopmaak. Nou is ons besig en het baie kliënte,” vertel sy trots.
Sy het vier vroue in diens en droom daarvan om eendag ’n salon met lopende water en elektrisiteit te besit. “As ek elektrisiteit het, kan ek ook manshare sny. Sonder krag werk die knippers egter nie.”
Een van die haarkappers, me. Diana Daniel (24), is baie dankbaar vir die werk en sê sy hou daarvan om met die kliënte te werk.
Een van die salon se gelukkige kliënte is me. Menette Salom.
“Ek kom gereeld na die salon toe. Hulle is baie goed en kan die hare in enige styl vleg. Hulle het ook talle prentjies teen die mure waaruit kliënte haarstyle kan kies. Die vroue is baie professioneel en vinnig.”
Anna Hair Salon is daagliks van 07:00 tot 18:00 oop. Naweke open die salon se deure reeds om 06:00 en is oop tot 18:00 omdat die meeste kliënte oor die naweek tyd het om die salon te besoek. Baie bruide en strooi­meisies kom klop ook dan hier aan om op die groot dag op hul mooiste te lyk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!