Vroue pleeg glo bedrog met Psemas-kaarte

Lede van die staat se mediese fonds moet daarop let dat 'n verandering van opsie op net een manier gedoen kan word.
‘n Administratiewe beampte vir die staat se mediese fonds (Psemas) by die ministerie van finansies en ‘n voormalige rekeningeklerk by ‘n private hospitaal is in verband met beweerde korrupsie met Psemas-kaarte vasgetrek.

Mee. Beatrice Boois en Patience Mcvellem is op 2 en 3 April deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in verband met korrupsieklagte in hegtenis geneem.

Volgens ‘n verklaring deur die ACC hou hul inhegtenisnemings met beweerde betrokkenheid by onwettige bedrywighede verband.

Psemas-lede uit die Noorde het ‘n private hospitaal glo genader om opgeneem te word.

Hulle sou normaalweg net die mediese fonds se standaardopsie hê, wat nie toegang tot ‘n private hospitaal verleen nie.

Mcvellem het na bewering voorgestel dié mense moet die vereiste Psemas-vorm invul, wat hulle op die hoër opsie sou plaas.

In ‘n poging om die aansoek hiervoor in Windhoek te bespoedig en die betaling daarvoor te fasiliteer, moes hulle glo ‘n deposito in ‘n private bankrekening betaal waartoe Boois na wat verneem word toegang het.

Verskeie mense het na bewering soortgelyke bedrae inbetaal, wat van N$360 tot N$1 080 wissel.

Dié betalings is glo in ‘n minderjarige kind van Boois se bankrekening inbetaal. Die kontant is dan daarná getrek en tussen die twee vroue verdeel.

Volgens die ACC behels die prosedure om van die standaardopsie na die hoër opsie oor te skakel ‘n aansoek wat nie later as 1 Augustus jaarliks by die ministerie van finansies ingedien moet word nie. Die verandering tree dan op 1 April die volgende jaar in werking. Opsieveranderinge word dus slegs een keer ’n jaar op 1 April gedoen.

‘n Lidmaatskapkaart word vervolgens uitgereik wat die nuwe, veranderde opsie aandui, wat vir toelating by ‘n private hospitaal getoon moet word.

Volgens die verklaring moet Psemas-lede daarop let dat ‘n verandering van opsie nie op enige ander manier gedoen kan word nie.

Mcvellem is op 2 April op Oshakati in hegtenis geneem en Boois die volgende dag in Windhoek. Die vroue het op 4 April in die landdroshof in Windhoek verskyn en borgtog is nie toegestaan nie. Die saak is vir verdere ondersoek tot 29 Mei uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!