Vroue ondersteun werkloses

Tanja Bause
Tanja Bause



Sewe vroue het op sosiale media hul vriende en familie vir 'n skenking van N$50 gevra om kos vir ­werkloses te koop.

Hulle het binne 'n week N$20 000 ­ingesamel.

Me. Melody Haikongo en vier van haar vriendinne het dié idee gekry, net voor hoktyd begin het, terwyl hulle grootmaat-inkopies gedoen het.

“Terwyl ons inkopies gedoen het, het ons aan mense gedink wat werkloos is en wat nie hul gesinne kan onderhou nie. Ons het dadelik besluit om seep, Dettol, wasgoedseep en skottelgoedseep op grootmaat aan te koop en vir dié mense te gee sodat hulle hulself en hul families kan onderhou. Terwyl ons nog in die winkel was, het 'n vriendin gesê maar as die persoon nie seep kan bekostig nie kan hulle ook nie kos koop nie. Ons het besluit om kositems ook deel van die pakkies te maak,” het sy gesê.

Die vroue het per WhatsApp hulle vriende en familie vir 'n skenking van N$50 gevra en binne 'n week het hulle N$20 000 ingesamel.

“Baie van die mense het natuurlik meer as net die N$50 gegee. Ons het die groep Cheerful Givers begin om mense te help wat geen werk of inkomste het nie. Ons wil eintlik geen blootstelling in die media hê nie, ons doen dit om te help en nie om te spog nie.”

Volgens Haikongo het hulle nie geweet hoe om mense te identifiseer wie die pakkies die nodigste het nie. Hulle het by die kantore van twee kiesafdelings vir hulp aangeklop.

“Die een raadslid het gesê ons moet die pakkies by die kantoor afgee en hulle sal dit uitdeel en die ander een het 'n lys vir ons gegee met mense se name op. Ons was nie gemaklik met dié ­voorstelle nie en nie geweet hoe ons die hulp­pakkies gaan versprei nie. Een van ons het ­toevallig vir me. Sophia Shaningwa, die sekretaris-generaal, raakgeloop en ons het haar daardie Saterdag ontmoet en sy het ons na mense geneem wie die pakkies broodnodig het.”

Volgens Haikongo het hulle bymekaargekom sonder om te weet waarheen ­Shaningwa hulle gaan neem.

“Sy het ons na die strydkinders geneem en ons het ons eerste pakkies daar ­afgelaai. Ons het ook die lys van die kiesafdeling gebruik en ons het pakkies in die informele nedersettings, Kilimanjaro, Babilon en 8ste Laan afgegee. Ons het nou al 330 pakkies uitgedeel en sal die komende naweek nog uitdeel.”

In die pakkies is nie net kos- en ­higiëniese items nie, maar ook sanitêre doekies vir vroue en meisies.

“Ons is nou sewe vroue wat by Cheerful Givers betrokke is en sanitêre doekies is net so belangrik soos kos.”

Die vroue het besluit om ook ná die ­Covid-19-pandemie met die projek voort te gaan en werklose mense en ­behoeftiges te help.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!