Vroue, kind sterf in ongeluk
Tanja Bause - Twee vroue en ’n sewejarige meisie het Sondag omstreeks 20:10 in ’n motorongeluk op die B1-hoofpad tussen Okahandja en Otjiwarongo gesterf.
Die ongeluk, waarin drie motors betrokke was, het sowat 34 kilometer buite Okahandja plaasgevind.
“Die bestuurder van ’n bakkie het glo beheer verloor en teen die kant van ‘n sedan gebots. Ná die botsing het die bakkie kop-teen-kop teen ’n nutsvoertuig gebots wat agter die sedanvoertuig gery het,” het ao. Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, gesê.
In die nutsvoertuig was vyf insittendes onder wie die 30-jarige bestuurder. Die drie vroue en die kind was insittendes van die nutsvoertuig. Albei vroue is op die toneel dood, terwyl die meisie dieselfde aand in die staatshospitaal op Okahandja gesterf het.
Die bestuurder van die nutsvoertuig is ernstig beseer, terwyl nog 'n minderjarige kind met beserings in die staatshospitaal op Okahandja opgeneem is.
Die 28-jarige bestuurder van die bakkie is in ’n ernstige toestand in dieselfde hospitaal opgeneem. Hy was alleen in die voertuig.
In die sedanvoertuig was vyf insittendes onder wie die 30-jarige bestuurder wat lig beseer is. Naasbestaandes van die drie oorledenes is nog nie in kennis gestel nie en die polisieondersoek duur voort.
Vrydag is die 30-jarige Sinkorora Rosalia op Rundu deur ’n onbekende persoon doodgery terwyl sy in die straat gestap het. Die Namibiese polisie vra hulp van die publiek om die voertuig se bestuurder op te spoor wat van die toneel gevlug het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie