‘Vroue is sterk’

‘Eerste stap teen geslagsgeweld’

19 February 2019 | Maatskaplik
Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.

TrueKrav bied selfverdedigingslesse aan, wat Namibiërs in staat stel om aanvalle te oorleef.

Mnr. Francois Dames, ’n Truekrav Namibia-instrukteur, het gesê die feit dat vroue die geleentheid bywoon, is reeds die eerste stap om teen geslagsgeweld op te staan.

“Dit gaan nie net oor een of twee vroue wat oor geslagsgeweld praat nie. Dit moet ’n beweging word waar vroue opstaan en sê ‘genoeg is genoeg’,” sê Dames.

TrueKrav Namibia werk saam met die stadspolisie om polisiebeamptes op te lei, waarná die polisie oorlewendes van geslagsgeweld ook na TrueKrav kan verwys.

“Mans glo vroue is kwesbaar en swak, maar TrueKrav bied vroue die nodige vaardighede en emosionele intelligensie om nie oorhaastige besluite in ’n krisis te neem nie,” het konst. Katrina Nomboga van die stadspolisie gesê, wat ook die geleentheid bygewoon het.

Dames het gesê die grootte van ’n aanvaller, en hoe sterk of fiks hy is, is nie bepalende faktore nie.

“Ek gee vroue die vaardighede om énige aanvaller af te weer. Jy het nie altyd beheer oor dit wat met jou gebeur nie, maar jy het beheer oor jou reaksies,” het Dames gesê.

Me. Marcel Theron, wat aan TrueKrav verbonde is, het ’n demonstrasie van TrueKrav se tegnieke saam met Dames gelewer.

“Dit gaan alles oor herhaling. Die bewegings raak later tweede natuur, en dit gee jou die kans om eers te kalmeer wanneer jy jouself in sulke omstandighede bevind, en om dan kalm besluite te neem,” het Theron gesê.

Dames het al met slagoffers van geslagsgeweld, verkragting en aanvalle gewerk om die fisieke en emosionele vaardighede aan hulle oor te dra om die trauma te verwerk, en om op soortgelyke situasies in die toekoms voorbereid te wees.

Dames werk verder met verskeie beraders, kerke en plekke wat as veilige hawens vir oorlewendes van geslagsgeweld kan dien.

Dames het die geleentheid gebruik om bewustheid van geslagsgeweld in en om Windhoek te skep.

“Geslagsgeweld is nie iets wat tot byvoorbeeld die Noorde of Windhoek beperk is nie. Dit is ’n probleem wat ons hele land teister, en ons het die verantwoordelikheid om daaroor te praat.”

Dames wil die wanopvatting dat vroue swak is verander.

“Vroue is sterk, en jy hoef nie ’n gewelddadige mens te wees om jouself te beskerm nie. Jy is sterk genoeg. Al wat jy nodig het, is die nodige vaardighede om hierdie krag reg aan te wend.”

Vir meer inligting, besoek TrueKrav Namibia se Facebook-blad.

Soortgelyk

 

Duisende registreer vir e-taks

7 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

7 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Unam werp lig op kragonderbreking

7 ure gelede | Onderwys

Denver Kisting – Die Universiteit van Namibië (Unam) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Johannes Haufiku, ontken die instelling se kragtoevoer is weens...

Miljarde nodig vir watersekuriteit

7 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie plaaslike watersektor moet in die volgende vyf jaar 'n begrotingsgaping van sowat N$11,7 miljard oorbrug om enkele mikpunte vir waterverskaffing en sanitasiediente te...

Kersfees en kuns in Julie

7 ure gelede | Kuns en vermaak

As jy lus is vir feestelikheid in Julie, maak gerus ’n draai by die Omba-galery in Talstraat waar die ’Ikhoba Textiles Farm Project sy 17de...

Mrs J maak ’n Windhoekse draai

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Binnekort besoek die bekende Theresa Sedras, beter bekend as Mrs J van Suidooster, die land van die dapperes. Gospel Care Ministry bied in Augustus ’n...