Vroue in uniform vat voor

Drank wek meeste kommer

07 December 2018 | Misdaad
Denver Kisting



'n Totaal van 249 mense is tydens die vier dae van die pas afgelope Basadi-veldtog aangekeer.

Dít verteenwoordig 'n toename van bykans 50% meer as die 167 mense wat in Mei vanjaar tydens die vorige been in hegtenis geneem is.

Basadi, wat “vroue” in seTswana beteken, is sowat vyf jaar gelede as 'n insiatief van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) deur streekpolisiehoofde in die lewe geroep.

Van die mense wat onlangs agter tralies beland het, was 34 vroue en 215 mans, het genl.maj. Anne-Marie Nainda, 'n adjunk-inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, gister onthul.

Die meerderheid, 203, was Namibiërs, terwyl vier Kongolese, drie Chinese, 16 Zimbabwiese, 14 Angolese en nege Zambiese burgers ook aangekeer is.

Nainda het gister gesê 42 sake van huishoudelike geweld is in die vier dae by hulle aangemeld.

'n Totaal van 32 mense is weens beweerde geslagsgegronde geweld in hegtenis geneem, terwyl drie formele waarskuwings kragtens die wet op huishoudelike geweld uitgereik is.

In daardie vier dae het twee klaers om beskermingsbevele aansoek gedoen.

Nainda het gisteroggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad gesê 17 beskermingsbevele is op ses vroue en 11 mans onderskeidelik beteken.

Sy het voorts gesê 14 mense is weens die beweerde wanbetaling van onderhoud in hegtenis geneem.

In daardie vier dae is 'n vrou ook weens die beweerde verwaarlosing van 'n kind aangekeer, terwyl 'n ander verdagte vanweë beweerde ontvoering in boeie geslaan is.

Twee voorvalle van beweerde verkragting is aangemeld, waarvoor twee verdagtes aangekeer is.

Die vrouebeamptes het voorts 182 drankwinkels toegemaak, 17 boetes uitgereik en nege vroue, wat saam met hul babas aan die drink was, is gewaarsku.

Volgens die bevindinge is 56 minderjarige kinders by watergate aangetref en eweneens gewaarsku.

Hiernaas is 24 mense weens beweerde dronkbestuur aangekeer, terwyl 640 verkeersboetes ten bedrae van N$464 375 uitgereik is.

Nainda sê drank bly die grootste bron van kommer, omdat verdagtes dikwels onder die invloed van drank en/of dwelms is wanneer hulle 'n misdaad pleeg.

Die veldtog het op 28 November afgeskop en op 2 Desember ten einde geloop.

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

6 ure gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

13 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

23 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

23 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...