Vroue duisend

’n Top- bankamptenaar sê sy droom van ’n spanpoging van vroue én mans om ’n volhoubare land te skep.
Tanja Bause
Tanja Bause - Vandag word Wêreldvrouedag, soos elke jaar op 8 Maart sedert die vroeë 1900’s, gevier.

Dié dag fokus op vroue se prestasies en bevorder bewustheid van geslagsgelykheid.

In 1908 het 15 000 vroue aan ’n optog deur New York in die VSA deelgeneem om stemreg, beter betaling en korter werksure te eis.

Die oorspronklike doel van die dag was om volkome geslagsgelykheid vir vroue oraloor die wêreld te bewerkstellig, wat vandag steeds nie ’n werklikheid is nie.

Mans verdien steeds meer as vroue vir dieselfde hoeveelheid en vlak van werk, en vroue word steeds nie gelyk in die sake- of politieke wêreld verteenwoordig nie.

Republikein het met Namibiese vroue oor hul uitdagings as vroue gesels.

Me. Ina Cramer is oorspronklik van Duitsland, maar woon al die afgelope 20 jaar in Namibië.

Sewe jaar gelede het sy kaas en roomys op haar plaas begin maak, en vier jaar gelede ’n roomyskafee in Windhoek se hoofstraat geopen.

Sy verskaf restaurante en uitgesoekte kettingwinkels ook van haar tuisgemaakte roomys.

Cramer verkoop roomysmasjiene en lei sjefs op lodges oraloor die land in die kuns van roomysmaak op.

“Ek is oortuig daarvan baie mense neem my nie ernstig op nie omdat ek ’n vrou is,” sê sy.

“Ek het in ’n gesin grootgeword waar dit altyd duidelik gemaak is meisies is net so slim, sterk en bevoeg soos seuns. Daar was nooit ’n verskil tussen die twee geslagte nie. Ek het ook met ’n man getrou wat dieselfde siening het en nooit twyfel aan my vermoë om ’n sukses van my besigheid te kan maak nie.

“Ek dink dit sou wonderlik wees as vroue nie meer met stereotipiese denkwyses gekonfronteer word nie. As hulle hulself nie meer moet bewys nie, en as waardig aanvaar sou word. Maar dit is waarskynlik 'n ietwat onrealistiese idee – selfs vir die volgende 50 jaar.

“Ek hoop vroue sal hul krag en potensiaal in die toekoms besef, en verstaan dit is nie selfsugtig nie, maar noodsaaklik dat hulle van hul idees en menings tot die samelewing bydra. Omdat dit vroue uiteindelik nie net nuwe moontlikhede bied nie, maar vroue se idees, oplossings en aanslag, wat dikwels fundamenteel van mans s’n verskil, is uiters belangrik in die bemeestering van hedendaagse uitdagings.”

Me. Jaquiline Vemunikapi Pack is sedert September 2016 Bank Windhoek se uitvoerende beampte van bemarking en korporatiewe kommunikasie.

Dié posisie behels dat sy verantwoordelik vir die implementering en bestuur van Bank Windhoek se algehele bemarking-, korporatiewe kommunikasie-, reputasie- en gemeenskapsbeleggingstrategieë is.

“In 'n oorwegend manlike omgewing in die finansiële sektor kies ek om uitdagings as geleenthede te sien en ek gebruik dit tot my voordeel om deur my eie kommunikasiestyl te verseker dat my stem gehoor word,” sê Pack.

“Wat geslagsgelykheid betref, dink ek ons is baie beter af as 'n paar jaar gelede. Daar is groter begrip van die verskillende vaardighede wat vroue na ’n organisasie bring en daarom word ons ernstiger opgeneem en ons insette word waardeer. Ek is vol vertroue dat meer geleenthede aan vroue toegewys sal word wanneer ons blind word vir geslag en op vaardighede, talent en bydraes tot die bou van volhoubare en tersaaklike organisasies en sterker ekonomieë fokus.

“Ek dink nie sukses vir vroue moet gemeet word aan die aantal vroue in topposisies nie, maar eerder aan bemagtiging in terme van vaardighede en geleenthede sodat hulle aktief tot die ekonomie kan bydra. Ek wil graag 'n spanpoging van beide vroue en mans sien in die bou van 'n volhoubare Namibië.”

Me. Anschen Kisting, oorspronklik van Keetmanshoop, is tans ’n derdejaarstudent aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust).

Sy is ’n aandeelhouer in Anne Pads in Windhoek, en die skakel tussen die gemeenskap en Anne Pads.

Anne Pads vervaardig herbruikbare sanitêre doekies. Deur middel van borge word die doekies aan meisies geskenk, wat dit nie kan bekostig nie.

“As vrou is daar nog altyd die opvatting dat ons die swakker geslag is en van mans afhanklik is. Dit is hoekom ek so vasberade is om onafhanklik te wees. Ek het gesien hoe meisies skool misloop wanneer hulle menstrueer. Daardeur loop hulle hul opvoeding mis. Ek het besluit om ’n oplossing te vind en seker te maak hulle kry ’n opvoeding en kan onafhanklik wees. Dit is hoe ek by Ann Pads betrokke geraak het. Ek moes ‘n manier vind om vroue ‘n gelyke kans op sukses te gee,” sê Kisting.

“Ek hoop om in die volgende 10 jaar te sien dat meer meisies aan universiteite en kolleges gradueer. Ek wil meer gelykheid in die werkplek sien en meer vroue wat nie vir mans terugstaan nie en vir hulle regte veg.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%