Vrou verlam ná gunstelingperd haar aanval

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – “Ek kan nie vir jou beskryf hoe dit gevoel het om daar te lê nie. Ek skree en skree, maar daar kom nie ’n geluid uit nie. En ek wag en wag en niemand kom nie, dit was verskriklik, dit was vreeslik om daar te lê.”

Groter as dié trauma was die feit dat die een hiervoor verantwoordelik haar gunstelingperd was wat in ’n herhaaldelike aanval die 36-jarige me. Yolandé du Plessis van haar nek af ondertoe verlam gelaat het.

Yolandé het uit haar bed in die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek vertel van die hegte band wat sy eens met haar hings, FS Tailors Dream, gehad het. Die dag van die aanval was soos enige ander op die plot buite Okahandja waar sy saam met haar man en twee kinders bly.

“Ek en my man en kinders gee self die perde kos en water. Ek het klaar die voer gegee en vir Tailor water ingetap en wou dit in sy stal sit waar hy gestaan het,” het Yolandé vertel.

Sy weet nie hoe dit gebeur het nie, maar die volgende oomblik het Tailor uit sy stal gestorm en Yolandé geskop.

“Ek het probeer praat en ‘help’ skree, maar daar het geen geluid uitgekom nie, ek was onmiddellik verlam.”

Dit was egter nie die einde van die aanval op haar nie, met Tailor wat omgedraai, Yolandé gebyt en rondgesleep het. In dié proses het sy ’n ernstige nekbesering opgedoen, is haar nek raakgetrap en haar boonste nekwerwels verbrokkel. Die boonste deel van haar rugstring is ook erg gekneus en Yolandé is van haar nek ondertoe verlam.

Yolandé se man wat tydens die aanval elders was, het die water uit die stalle sien loop en gaan ondersoek instel. Hy het sy vrou sien lê, Tailor op stal gesit en met Yolandé hospitaal toe gejaag.

Tailor was haar gunstelingperd, vertel sy.

“Dit was erg vir my en geweldig traumaties. Ek het nie gedink hy sal dit aan my doen nie, ek verstaan nie wat het gebeur en hoekom nie.”

Tailor is ná die aanval verkoop en Yolandé wil hom “nooit, nooit weer sien nie”.

“Ek is nou so negatief teenoor hom, maar hy was my alles.”

Sedert die aanval op 31 Oktober vanjaar, word Yolandé in die intensiewesorgeenheid behandel waar sy deur ’n trageostomie aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel is omdat haar asemhaling nie diep genoeg is nie. Haar nek is ook met ysterplate in ‘n lang en moeilike nekoperasie gestabiliseer.

Sy sal miskien in Januarie kan huis toe gaan, sê Yolandé, maar dit hang van baie dinge af. Die gesin het nie ’n mediese fonds nie en haar mediese koste hoop daagliks op. Daarmee saam sal Yolandé met haar ontslag uit die hospitaal 24-uur-versorging, ’n spesiale matras om te verhoed dat sy druksere ontwikkel, sowel as ’n asemhalingsmasjien, nodig hê.

Vriende het intussen ingespring en die Yolande Sunshine Fund in die lewe geroep om broodnodige fondse vir onder meer haar mediese versorging in te samel. Skenkings vir die Yolandé Sunshine Fund kan in die volgende rekening betaal word:

Arab Horse Breeders Society of Namibia, Bank Windhoek, Maerua Mall, rekeningnommer 800259 5969, met ’n verwysing Yolande Sunshine. ’n Betalingsbewys kan aan [email protected] gestuur word. Vir meer inligting oor spesiale insamelingsprojekte, besoek die fonds se Facebook-blad, Yolande Sunshine fund/news of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03%