Vrou verkrag glo 15-jarige

10 October 2017 | Howe
Adolf Kaure - 'n Vrou het gister in die landdroshof op Swakopmund op 'n klag van verkragting verskyn.

Me. Catherine Cooper (24) van Mondesa word daarvan beskuldig dat sy tussen Augustus en 5 Oktober vanjaar verskeie kere omgang met die minderjarige seun gehad het.

Volgens speurinspekteur Daniel Gurirab van die polisie het die verhouding tussen Cooper en die seun daartoe gelei dat hy skool verlaat het.

"Sy het aan die seun huisvesting verskaf en verskeie kere in hierdie tyd seksuele dade met hom gepleeg. Die gevolg daarvan was dat die seun skool verlaat het," het hy gesê.

Mnr. Paulus Shilongo, staatsaanklaer, het borgtog teengestaan.

Landdros Conchita Olivier het die saak tot 23 November vir verdere ondersoek uitgestel.

Soortgelyk

 

Keelvol studente soek hul geld

7 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

7 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

7 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

7 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

7 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

7 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

7 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...

Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

7 ure gelede | Maatskaplik

Telwin !Owoseb - Namibië“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en...