Vrou verdrink glo 3-jarige nefie

03 January 2017 | Misdaad
Tanja Bause - In teenstelling met die Kersnaweek het Namibië 'n bloedige Nuwejaarsnaweek agter die rug, met minstens sewe mense wat vermoor is.

In 'n skokkende voorval op Oujaarsaand het 'n 27-jarige vrou na bewering tussen 19:00 en 23:00 haar driejarige nefie in ’n houer vol water gedruk en dit met 'n deksel toegemaak. Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, ao. Immanuel Lazarus, het Angula Angula Kahima van die Omundjala-nedersetting op Outapi in die houer verdrink. Die vrou is in hegtenis geneem.

Die polisie op Rundu soek na die liggaam van die 31-jarige mnr. Mundanya Joseph Tjiwawa wat by Rundu-strand in die Kavangorivier verdrink het nadat hy deur twee mans in die rivier gegooi is. Na bewering het die twee mans om onbekende redes vir Tjiwawa, wat glo onder die invloed van drank was, gegryp en in die rivier gegooi. Die verdagtes, van die Sauyema-nedersetting op Rundu, is in hegtenis geneem.

Mnr. Kenneth Kobetsi (16) is na bewering deur 'n 18-jarige man met ’n mes doodgesteek nadat hulle in ’n woordewisseling betrokke geraak het oor wie beter kan dans. Die voorval het op 30 Desember om 23:00 by die Entertainment Center in die Dolam-woonbuurt in Katutura plaasgevind.

Mnr. Petrus Willem (17) is deur 'n man met ’n mes in die bors gesteek nadat die oorledene en vyf van sy vriende glo die man aangeval en probeer beroof het. Die man het glo uit selfverdediging vir Willem met ’n mes gesteek. Die voorval het op 31 Desember om 00:40 in Ongavastraat in die Wanaheda-nedersetting in Katutura plaasgevind.

Mnr. Silvanus Martin (23) is dood nadat hy deur 'n 23-jarige, manlike familielid met ‘n mes in die kop gesteek is. Die voorval het op 1 Januarie plaasgevind by die kamer wat hulle in die Goreangabdam-nedersetting gedeel het.

Mnr. Johannes Jefta (22) is deur ’n onbekende persoon met ’n mes in die bors gesteek. Hy het van ’n vriend se huis in Green Mountainstraat in die Goreangabdam-nedersetting na sy huis toe gestap toe die voorval op 31 Desember om 06:00 plaasgevind het.

Die halfnaakte liggaam van ’n vrou in haar dertigs is die naweek onder ’n brug in Florence Nightingale-straat in Khomasdal gevind. Haar klere was op die toneel versprei en die polisie het ook ’n kombers en matras gevind. Die polisie vermoed dat sy eers verkrag en toe vermoor is.

Mnr. Elikana Lingo Natoolewe Uuyage van die Uukwanfongo-nedersetting in die Omusati-streek is Vrydag dood nadat hy op 19 Desember met ’n bierbottel oor die kop geslaan is. Hy is na die Okahao-distrikshospitaal geneem en later na die Oshakati intermediêre hospitaal oorgeplaas waar hy op 30 Desember dood is. 'n 27-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Doodskoot van agter

6 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Die hoërhof het gister gehoor dat die doodskoot op mnr. Marko Rönni hom van agter getref het. Dit volgens getuienis van dr....

Mynbedryf diép bekommerd

6 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Bekommerd, bekommerd en nóg bekommerd.Die president van die Kamer van Mynwese van Namibië, mnr. Kombadayedu Kapwanga, se jaaroorsig is deurspek met dié...

Herinneringsreis

6 ure gelede | In beeld

Me. Ndatyapelao Nangula Costa (40, links) was een van 430 kinders wat in 1978 ná die slag van Cassinga uit die vlugtelingkamp verwyder en na...

Weer, Donderdag 27 April 2017

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie oor Zambezi, Kavango, die oostelike gedeeltes van Otjozondjupa en Omaheke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Namibië, Angola moet malaria sáám beveg'

6 ure gelede | Gesondheid

Die ministeries van gesondheid van Namibië en Angola het Dinsdag op Wêreldmalariadag by die Oihole-nedersetting in die suide van Angola 'n samewer­kingsooreenkoms gesluit om malaria...

Hoe tevrede is Namibiese burgers?

6 ure gelede | Regering

Die kantoor van die eerste minister sal van Mei af met ’n burgerlike tevredenheidsopname oor die gehalte van openbare dienslewering dwarsoor die land begin. Aanbevelings...

Oudpres. Bush skryf oor besoek aan Namibië

6 ure gelede | Gesondheid

Estelle de Bruyn - Ná oudpres. George W. Bush se besoek aan Namibië en Botswana, waartydens gefokus is op die impak van sy noodplan om...

Hupstoot vir klein besighede

6 ure gelede | Plaaslik

Yochanaan Coetzee’n Groep van 21 klein besighede in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het Vrydag ’n groot hupstoot gekry toe hulle toerusting, gereedskap en materiaal ontvang het...

Nuwe junior burgemeester ingehuldig

6 ure gelede | In beeld

Windhoek se nuwe junior stadsraad is Maandag ingehuldig. Hulle sal onder die tema “Red ’n lewe vandag” hul projekte vir die termyn aanpak. Volgens Michael...