Vrou steek huis van vermeende verkragter aan die brand

31 January 2019 | Misdaad
’n Man (29) is in die vroeë oggendure van Dinsdag dood ná sy huis op Lϋderitz aan die brand gesteek is.

Die Namibiese polisie (Nampol) se hoof van misdaadondersoeke in die ||Karasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het Dinsdag bevestig die oorledene is as mnr. Sebastion Jansen geïdentifiseer.

Mubeho sê die verdagte, ’n 21-jarige vrou, het die huis aan die brand gesteek nadat sy glo deur Jansen en nóg ’n man verkrag is.

“Die verdagte het glo saam met Jansen en nóg ’n man gedrink, waarna hulle na Jansen se huis gegaan het waar hulle glo saam dwelms gebruik het. Die verdagte is daarna glo aangerand en verkrag,” het Mubebo verduidelik.

Die verdagte het die toneel verlaat en weer later teruggekeer. Jansen en die ander man reeds geslaap het.

“Sy het glo die huis aan die brand gesteek met die bedoeling om beide mans uit wraak dood te maak, waarna een man dood is en die ander een ernstige beserings opgedoen het. Hy is in die Lϋderitz-staatshospitaal opgeneem, maar is tans stabiel,” het Mubeho gesê.

Die vermeende verkragting was tussen 02:00 en 03:00, terwyl die brandstigting omstreeks 04:00 plaasgevind het.

Die 21-jarige vrou, wat die slagoffer van die verkragting en verdagte van die brandstigting is, gaan op aanklag van moord, poging tot moord en brandstigting in die hof verskyn.

Die oorledene se naasbestaandes is reeds in kennis gestel en die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...