Vrou se lyk in Visrivier gevind

05 March 2019 | Misdaad
Die liggaam van ’n vrou wat na vermoedelik aangerand is, is Vrydag in die vlak water van die Visrivier agter die dadelplaas by Mariental gevind. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag was die vrou ten volle geklee gevind en het haar lyk al begin ontbind toe sy gevind is. Die vrou, wat in die ouderdom van 20 jaar geskat word, is deur ’n verbyganger gevind wat gaan hout soek het. Sy het met haar gesig in die water gelê. Volgens die polisie het sy reeds vir ’n geruime tyd in die water gelê omdat haar vel reeds wit deur die son gebrand is. ’n Diep wond was aan die regterkant van haar kop. Die vrou is nog nie geïdentifiseer nie en die ondersoek na die oorsaak van haar dood duur voort.
Op dieselfde dag is die lewelose liggaam van die 57-jarige Katrina Richter deur twee mans sowat 2 km noord van Maltohöhe gevind. Na bewering het Richter alleen in die veld gaan hout optel en nooit na haar huis teruggekeer nie. Omstreeks 19:45 het die twee mans haar gevind waar sy op haar maag en gesig met haar arms uitgesprei gelê het. Die bondel hout wat sy by haar gehad het, het om haar versprei gelê. Volgens die polisie se misdaadverslag moes Richter vir ’n geruime tyd in die son gelê het, omdat haar vel reeds begin afdop het. Geen gemene spel word vermoed nie en ’n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

1 dag gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

1 dag gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...