Vrou probeer eie lewe neem voor skulderkenning

Serfontein-saak wéér uitgestel

14 February 2019 | Plaaslik
Ronelle Rademeyer - Die 49-jarige boekhouer van Windhoek wat gister skuld sou beken op klagtes wat verband hou met beweerde bedrog van sowat N$17 miljoen, het Sondagmiddag haar eie lewe probeer neem.

Adv. Louis Botes het regter Kobus Miller gisteroggend in die hoërhof in Windhoek meegedeel dat me. Stephanie Serfontein se fisieke en geestelike gesondheid nie van so ’n aard is dat sy die hofverrigtinge kan bywoon nie.

Haar gewese man, mnr. Izak Serfontein (47), wat saam met haar tereg staan, was wel gister by die hof teenwoordig. Mnr. Jan Wessels verskyn vir hom.

Die Serfonteins is in Julie 2012 in hegtenis geneem. Die bewering is dat sy tussen 2008 en 2012 toe sy as boekhouer by Ferrodrill Namibia gewerk het, bedrog ter waarde van N$17 miljoen gepleeg het. Die geld is na bewering van die maatskappy se rekening na dié van haar gewese man en haar dogter, asook haar eie rekening oorbetaal.

Botes, wat in opdrag van mnr. Sarel Maritz vir haar verskyn, het ’n mediese sertifikaat van ’n dokter ingedien wat lui sy is “in geen toestand – fisiek of geestelik – om in die hof te verskyn nie”.

’n Brief van ’n sielkundige is ook ingedien wat bevestig dat sy as deel van “krisisbestuur” ná haar mislukte selfdoodpoging behandeling ontvang.

Regter Kobus Miller wou van Botes weet of Serfontein nie ’n gevaar vir haarself is nie en of dit nie beter sal wees om ’n dagvaarding vir haar inhegtenisneming uit te reik sodat sy in aanhouding geplaas kan word nie.

Hierop het Botes geantwoord hy dink dit sal meer skade doen “om iemand wat in dié toestand is” in die polisieselle toe te sluit.

“Daar is geen waarborge in die lewe nie. Daar is geen waarborg dat sy nie in aanhouding ’n manier sal vind om haarself om die lewe te bring nie,” het hy gesê.

Me. Constance Moyo, vir die staat, het die ondersoekbeampte wat Serfontein vroeg gisteroggend aan huis van haar dogter en skoonseun besoek het, geroep om te getuig. Sy word tans deur hulle versorg.

Insp. Emily Prada, ondersoekbeampte in die eenheid vir kommersiële misdaad, het getuig Serfontein het gehuil toe sy haar by die voordeur ontvang en binnegenooi het.

“Sy het gesê sy is baie emosioneel, want sy mag dalk tronk toe gaan. Sy het vir my die geskiedenis van die saak vertel,” het Prada aan die hof vertel.

Volgens haar waarneming was Serfontein “fisiek normaal” en kon sy die dag onthou toe sy in hegtenis geneem is.

Die saak teen die Serfonteins het sowat drie jaar gelede ontspoor toe die dossier verdwyn en dit van die rol verwyder is. Hulle was in daardie stadium uit op borgtog van N$75 000 elk en die geld is aan hulle terugbetaal.

Toe die dossier later weer te voorskyn kon, het die vervolging hervat. Hulle is toe net op waarskuwing vrygelaat.

Miller het die verhoor gister tot 21 Februarie uitgestel en gelas dat sy van daardie dag af in aanhouding sal wees omdat sy skuld gaan beken.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

6 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

6 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

18 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

18 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

18 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

18 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

18 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

18 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...