Vrou, meisie in hof oor babas
Leandra Louw - 'n Vrou en 'n tienermeisie van die Suide het Vrydag op verskillende Namibiese dorpe in howe verskyn in verband met onderskeidelik babastorting en moord op 'n baba.
Marine Kooper (23), wat daarvan beskuldig word dat sy haar pasgebore babadogtertjie op 19 Mei in 'n reistas tussen riete naby die treinspoor in Narraville op Walvisbaai gestort het, het Vrydag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.
Kooper is oorspronklik van Mariental en het by familie op Walvisbaai gekuier. Sy is Woensdagmiddag op Swakopmund in hegtenis geneem nadat 'n lid van die publiek inligting aan die polisie verskaf het.
Die voorval spruit uit 'n verbyganger wat op 19 Mei 'n baba hoor huil en op die toe bruin tas tussen die riete afgekom het. Die naelstring en plasenta was nog aan die meisietjie vas. Die baba is na die Walvisbaai-staatshospitaal geneem. Sy het 2,48 kg geweeg.
'n Saak van babastorting en kinderverwaarlosing is geopen.
Kooper is aanvanklik van kinderverwaarlosing aangekla, maar dit is na poging tot moord verander saamgelees met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld.
Die staat het borgtog sterk teengestaan weens die ernstige aard van die oortreding. Kooper is borgtog geweier en bly in aanhouding.
Landdros Vicky Nicolaidis het die saak tot 30 Mei vir verdere ondersoek en pleitdoeleindes uitgestel.
Op Keetmanshoop het 'n 16-jarige tienermeisie Vrydag in die landdroshof op die Suidedorp verskyn wat daarvan beskuldig word dat sy verlede Dinsdag haar voormalige kêrel se babadogtertjie vermoor het.
Die beskuldigde het die baba, Cantell Mushosho (een jaar en vyf maande oud), glo na bewering twee keer met 'n mes in haar maag gesteek. Die polisie vermoed dit was uit jaloesie.
Die voorval het tussen 15:00 en 16:00 in die Ileni informele nedersetting in Tseiblaagte op Keetmanshoop plaasgevind waar die baba glo in haar ma se kamer geslaap het. Die ma was glo gou by haar bure om iets te gaan haal.
Die beskuldigde, wie se naam nie genoem kan word nie omdat sy minderjarig is, het nie borgtog gekry nie en bly in aanhouding.
Haar saak is tot 20 Junie uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie