Vrou glo verkrag, huis afgebrand

12-jarige glo ook verkrag

06 February 2019 | Misdaad
Twee vroue en 'n 12-jarige meisie is die naweek glo verkrag.

'n Man het Vrydag na wat verneem word 'n vrou op Oshakati verkrag en haar sinkhuis daarná afgbrand.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval omstreeks 03:30 in die Oshikango-nedersetting in westelike Oshakati plaasgevind.

“Die verdagte is van die Omahenene-nedersetting, ook in die westelike deel van die dorp, en het die vrou na bewering verkrag en haar sinkhuis tot as verbrand,” lui die verslag.

Hy het op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie.



'n Twaalfjarige meisie is Saterdag omstreeks 18:00 in die Engoyi-nedersetting naby Onyaanya glo deur 'n 19-jarige verkrag.

“Die verdagte is 'n huishulp in die slagoffer se huis. Hy is in hegtenis geneem,” lui die verslag.

Hy sou Maandag in die hof verskyn en die polisieondersoek duur voort.

Op Mariental is 34-jarige vrou Saterdag omstreeks 22:50 na bewering deur twee mans langs ’n begraafplaas verkrag.

“Sy het glo tombo by 'n huis gedrink en later, op pad na haar huis, het twee mans haar agtervolg. Langs die begraafplaas in Aimablaagte het die twee haar glo oorrompel, haar klere uitgetrek en haar verkrag,” lui die misdaadverslag.

Die twee verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...