Vrou getuig oor Hentiesbaai-moord

'Slagoffer was pure kind'

14 September 2017 | Howe
Jacqueline Louw – Me. Mariana Maasdorp het gister in die hoërhof in Windhoek getuig dat haar dogter bevriend was met die 13-jarige meisie wat meer as drie jaar gelede wreed vermoor en verkrag is en in ’n halfgeboude huis in Hentiesbaai aangetref is.

Maasdorp het aan die hof vertel dat die oorledene, Rachel Vanessa Boois, fyn, klein en kinderlik was en dat dit onmoontlik was vir die beskuldigde, mnr. Jandre Jacques De Klerk, om nie te sien dat sy “net ’n klein kind was nie”.

De Klerk staan tereg op ’n klag van moord, twee klagte vn verkragting en ’n klag van skending van ’n dooie menslike liggaam wat spruit uit die dood van Boois op 3 tot 4 Mei 2014. Hy het aan die begin van sy verhoor skuld op al die klagte ontken.

De Klerk se prokureur, mnr. Titus Mbaeva, het regter Alfred Siboleka meegedeel dat sy kliënt seks met die oorledene met haar toestemming gehad het, maar nie die presiese datum kon onthou nie. Volgens Mbaeva het De Klerk nie geweet dat Boois ’n minderjarige was toe hulle seks gehad het nie, en ook nie geweet dat dit ’n misdaad is om omgang met ’n minderjarige te hê nie.

Maasdorp het op ’n vraag deur Mbaeva of De Klerk ’n romantiese verhouding met die oorledene gehad het, gesê: “Sy was pure kind; sy was meeste van die tyd kaalvoet en het nie ‘geworry’ oor haar voorkoms nie.”

Maasdorp het gister getuig oor die gebeure voordat sy en haar gesin die nuus van Boois se moord die oggend van 4 Mei 2014 gehoor het. De Klerk is die seun van Maasdorp se hegte vriendin, Annetjie Titus, en het dikwels by Maasdorp aan huis gekom. Die aand voor die moord het Maasdorp, haar kinders en Titus by ’n vriend, mnr. David Tueutjiua, gekuier. Voordat hulle vir hul besoek vertrek het, het die oorledene Maasdorp gevra of haar dogter haar na ’n nabygeleë winkel kan vergesel om brood te koop. Dit was die laaste keer wat Maasdorp die tiener gesien het.

Volgens Maasdorp het De Klerk teen ongeveer 22:00 op 3 Mei by Tueutjiua se huis opgedaag. Tueutjiua het N$100 aan De Klerk gegee om wyn te koop. Hy het egter nie daardie aand met die wyn opgedaag nie en Tueutjiua moes self vir die aankope uitgaan.

Die volgende dag teen ongeveer 4:00 tot 6:00 het Maasdorp ’n klop aan Tueutjiua se deur gehoor. Sy het getuig dat sy die deur oopgemaak het en dat ’n “winddronk” De Klerk voor die deur gestaan het. Sy het hom gevra waar die wyn was en hy het gesê hy het probleme gehad en die geld het weggeraak.

Volgens Maasdorp het De Klerk vertel dat hy die vorige aand na ’n klub in die omgewing was en deur ene me. Jennifer Louw gevra is om twee biere vir haar te koop. Hy het egter ’n bottel rooiwyn gekoop. Louw was onsteld daaroor en ’n onderonsie het ontstaan. Hy het vertel dat hy daarna deur die polisie in hegtenis geneem en aangerand is, het Maasdorp getuig.

Maasdorp het verder getuig dat De Klerk bloederige, vars krapmerke aan sy voorarms gehad het. Volgens haar het hy niks makeer toe hy weg is om die wyn te koop nie.”Dit is Jennifer wat hom so geklou het,” het hy die krapmerke aan Maasdorp verduidelik. Louw is ook intussen dood.

Maasdorp en haar kinders dieselfde oggend terug na hul huis waar sy die nuus van Boois se dood van haar suster verneem het. Die beskuldigde was ook daar, besig om klere te was. Volgens Maasdorp het hy opgemerk dat hy nie kan glo dat iemand dit aan so ’n klein kind kon doen nie en dat hy nie geweet het wat hy sou doen as dit sy suster was nie.

Soortgelyk

 

Nujoma, Iyambo na Mnangagwa se inswering

7 ure gelede | Politiek

Estelle de Bruyn Oudpres. Sam Nujoma en adjunkpresident Nickey Iyambo sal Namibië vandag in Harare by die inswering van Zimbabwe se tweede president, mnr....

Geingob: Tye het verander

7 ure gelede | Politiek

Estelle de Bruyn > ‘n Perfekte storm. Dís hoe pres. Hage Geingob die huidige politieke klimaat beskryf het toe hy gister Swapo se kongres...

Weer vir 24 November 2017

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en warm tot baie warm in die Suide, maar bloedig warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie...

Omaheke-afgevaardigdes kry groen lig

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw'n Dringende aansoek van vier Swapo-lede van Omaheke om 27 afgevaardigdes van hul streek uit Swapo se kongres te hou, is Woensdag in die...

MUN in hof oor Swapo-kongres

7 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Mynwerkersunie (MUN) het in ‘n laaste poging om die verteenwoordiging van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) in die Swapo-kongres...

Kalender 24 November

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Sluit by die FNCC aan vir die laaste akoestiese Vrydag van die jaar. Verwelkom NOVA! Hierdie duo gaan vanaand die Akoestiese...

ACC pleit vir groter kapasiteit

7 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) versoek die regering om genoeg geld en personeel beskikbaar te stel sodat die publiek se verwagtinge rakende die bekamping...

Vinwalvis spoel by Swakop uit

7 ure gelede | In beeld

Me. Jermanneke Havemann van Swakopmund het hierdie vinwalvis gister naby die Seaside Hotel op Swakopmund opgemerk. "Hy moes baie oor die klippe gerol het, want...

Drywer besteel glo bekende avontuurgroep

7 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die toermaatskappy Nomad Adventure Tours gaan vandag (Vrydag 25 Nov) ’n klag by die polisie teen ’n Namibiese toerbusdrywer indien wat na...