Vrou dood ná sy glo dieremedisyne drink

13 August 2019 |
'n Vrou is Saterdag in die Mariental-staatshospitaal dood nadat sy die vorige aand glo dieremedisyne gedrink het.

Me. Magdalena Suse (44) het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag Vrydagaand die dieremedisyne, Terramycin, op die plaas New Haribes gedrink.

Sy het gekla van maagpyn en is na die hospitaal gehaas waar sy Saterdag gesterf het.

Haar naasbestaandes is van haar dood ingelig en die polisieondersoek duur voort.

Foto ter illustrasie

Soortgelyk

 

Vyf kurkdroë damme nie meer leeg

12 ure gelede | Omgewing

Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry. Die Omatakodam, wat volgens NamWater se damverslae reeds in April vanjaar...

ECN: Dís hoe dit is (vir nou)

23 ure gelede | Politiek

Augetto Graig - Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê vrae wat nog oor die uitslae van die pas afgelope...

Kersfees wink vir Windhoek

23 ure gelede | In beeld

Mnr. Muesee Kazapua, die hoofstad se burgemeester, het die stad se Kersliggies Maandag amptelik aangeskakel. Die liggies beeld Kerstonele al langs Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek se...

Gruwel in kraamsaal

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – “Ek het met ’n lewendige mens in my maag ingegaan en ek kom met niks huis toe nie.”’n Erg getraumatiseerde vrou van...

Weer, Woensdag 11 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie oor die Zambezi. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met miskolle in...

Kabinet: Visbedryf beplan regrukpogings

23 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Die kabinet het die ministerie van visserye en mariene hulpbronne Vrydag opdrag gegee om die evaluering van vis­kwota-aansoeke af te handel en...

STEMFEITE: TWEESETELPARTYE

23 ure gelede | Politiek

Die grafiek wys waar politieke partye aan wie elkeen twee setels toegeken is die meeste van hul stemme ontvang het.

Maltas kuier by Mandume

23 ure gelede | Plaaslik

Maltas-klub Namibië, die Olupandu-stigting en White Feather Creations het die Mandume-kleuter­skool in Okahandjapark se ­gradeplegtigheid onlangs by die Maxuilili-sentrum by­gewoon.Die klub is sedert 2013 by...

Duisende om kanker te beveg

23 ure gelede | Gesondheid

Slice of Life, Raffle for Hope, 'n gesamentlike projek tussen die Kankervereniging van Namibië (CAN) en Gondwana Collection, het N$102 700 ingesamel om hoofsaaklik minderbevoorregte...