Vrou dagvaar ná aanranding deur soldaat

Met AK-47 in gesig geslaan

09 September 2020 | Howe
Jana-Mari Smith

’n Vrou dagvaar die Namibiese polisie en weermag nadat ’n soldaat haar glo met ’n AK-47 aangerand het. Hy het haar na bewering in die gesig geslaan tot sy flou geword het.

Me. Lenie Margrate Thys het op 2 Junie 2019 in Windhoek glo probeer intree toe ’n groep polisiebeamptes en soldate ’n vuurwapen op ’n jong man gerig het.

“Ek het gepleit dat hulle nie die man moet seer maak nie,” het Thys gesê.

“’n Soldaat het na my toe gekom en my met die geweer wat hy by hom gehad het, begin slaan.”

Daar word beweer dat die polisiebeamptes en soldate Thys bewusteloos op straat gelos het.

“Die beamptes het haar nie eens na die naaste hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek nie,” lui haar hofstukke.

Die voorval het in Blacketstraat naby Thys se huis plaasgevind.

REGSEISE

In die hofstukke wat met behulp van prokureurs van die Regshulpsentrum (LAC) saamgestel is, stel Thys dat die aanval haar met fisieke en geestelike pyn en trauma gelaat het. Dit was ook die oorsaak van ’n besering tot haar linkeroog.

“Buiten die fisieke pyn, het die aanval ook my waardigheid aangetas,” het Thys gesê.

Thys eis dat die hof haar N$90 000 toeken vir die pyn en lyding wat sy moes deurstaan, plus ’n bykomende N$10 000 vir die impak wat die onwettige aanranding op haar gehad het.

Die saak is op 14 Mei vanjaar aanhangig gemaak en noem die regering van Namibië, die minister van binnelandse sake en die minister van verdediging en veteraansake as beskuldigdes.

Die beskuldigdes het op 17 Maart alle aantygings ontken.

Op 3 September het regter Nate Ndauendapo ’n hofbevel uitgereik wat alle partye opdrag gee om die bemiddeling op 27 November by te woon.

Regter Ndauendapo het die saak tot 21 Januarie 2021 vir ’n statusverhoor uitgestel.

BURGERLIKE LYDING

Die afgelope twee jaar is reeds verskeie regsgedinge teen die polisie vir buitensporige geweld teen ongewapende burgers ingedien, hoewel al dié aantygings tot dusver ontken is.

Me. Luise Taakambadhala Mwanyangapo, ’n gemeenskapswerker en 2018 Mandela Washington-beurshouer, het vanjaar ’n dagvaarding van N$500 000 teen die Namibiese regering, weermag en polisie ingedien ná ’n gewelddadige aanval op haar tydens die Hornkranz-operasie verlede jaar

Volgens haar siviele eis is sy op 27 April verlede jaar by ’n kroeg in Katutura met ’n sambok deur soldate geslaan wat aan Operasie Hornkranz gekoppel was. Ander polisiebeamptes het glo gestaan en toekyk sonder om haar te help of die aanval te stop.

In Mei vanjaar het mnr. Taleni Petrus Manja die regering en weermag vir N$1 miljoen gedagvaar in verband met ’n eis dat soldate hom op Oujaarsaand in 2018 aangeval het.

‘ENDEMIESE’ PROBLEEM

’n 2019-verslag van die LAC waarsku dat gewelddadige vergrype deur wetstoepassers ’n “endemiese probleem” in Namibië geword het.

Die verslag stel dat die uitermatige gebruik van geweld teen ongewapende burgers nie net tot misdaadbestrydingsoperasies beperk word nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...