Vrou dagvaar gine­koloog ná sepsis

Behandeling van siste loop glo skeef

22 November 2021 | Howe
Henriette Lamprecht – 'n Angolese burger dagvaar 'n plaaslike ginekoloog vir miljoene nadat 'n prosedure vir die behandeling van onder meer endemetriose glo skeef geloop het.

Me. Neta dos Santos Sebastiao Pimenta van Luanda in Angola dagvaar dr. Matti Kimberg, 'n ginekoloog en verloskundige, vir N$2,7 miljoen se skadevergoeding.

Volgens Pimenta se verklaring het Kimberg op 16 Augustus 2018 'n histeroskopie en laparoskopie op haar uitgevoer om haar vir ovariële siste en endemetriose te behandel. Tydens die prosedure het Kimberg volgens haar egter verskeie skeure en gate in haar ingewande veroorsaak en moes hy noodgedwonge 'n bekken laparotomie uitvoer. Laasgenoemde is gedoen sonder om volgens haar verklaring die erns van die omvang van die skeure en gate te bepaal, 'n spesialis-chirurg te raadpleeg, dit voldoende te ­diagnoseer en te behandel of om Pimenta se ingewande vir enige lekkasies te toets.

Kimberg het haar glo ook nie noukeurig en gereeld ondersoek sodat haar simptome betyds en op 'n gepaste wyse behandel kon word nie, voldoende aandag aan haar aanhoudende simptome na afloop van die operasie gegee is of betyds die gevolglike sepsis in haar abdomen gediagnoseer of behandel is om verdere komplikasies te vermy nie.

Volgens Pimenta was dit Kimberg se plig om ten alle tye redelike stappe te neem om te verseker dat die prosedure op so 'n manier plaasvind dat sy nie enige beserings as gevolg daarvan opdoen nie. Kimberg moes ook met so 'n mate van vaardigheid en sorg opgetree het wat redelik verwag kan word van 'n persoon wat onder meer bekken laparotomie uitvoer.

As gevolg van Kimberg se beweerde nalatigheid in die voldoende en doeltreffende behandeling van die skeure, sê Pimenta het sy fekale peritonitis en sepsis in haar abdomen ontwikkel wat haar hersteltydperk aansienlik verleng het. Sy het ook 'n terminale ileum ontwikkel wat gelei het tot die gedwonge onttrekking van 20 cm van die ileum. Pimenta moes as gevolg hiervan noodchirurgie op 23 Augustus 2018 ondergaan.

Sy dagvaar Kimberg vir N$2,7 miljoen in skadevergoeding vir pyn, lyding, ongemak en gestremdheid (N$1,5 miljoen), hospitaal- en mediesverwante uitgawes (N$55 140), reiskoste (N$126 323), verlies aan inkomste (N$277 400), uitgawes vir onder meer verblyf verwant aan mediese behandeling (N$137 309), beraamde toekomstige hospitaal-, mediese en verwante uitgawes (N$250 000), beraamde toekomstige verlies aan inkomste (N$200 000) sowel as ver­skeie uitgawes vir verblyf- en verwante koste met betrekking tot mediese behandeling (N$160 000).

[email protected]

Soortgelyk

 

Oorvol Oranje sorg vir skade

3 ure gelede | Omgewing

Toerismebestemmings geleë op die oewers van die Oranjerivier in die Suide van die land, is aan die ontvangkant van die oorvloei van water. Monique Adams...

21 sterftes, 373 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Covid-19-sterftes styg met 21 tot 3 804. Geen van die gevalle was ingeënt nie. Gister is 373 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 13,4%....

Landless People's Movement onttrek twee raadslede van Keetmanshoop-munisipaliteit

6 ure gelede | Regering

Twee raadslede van die Keetmanshoop-munisipaliteit wat die Landless People's Movement verteenwoordig het, is met onmiddellike effek verwyder en hul verteenwoordiging opgehef. Sydney Skakana en Willie...

Drie van Okahandja se bestuurskomitee vas vir korrupsie

8 ure gelede | Misdaad

Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het drie lede van die bestuurskomitee van die munisipaliteit op Okahandja vir korrupsie vasgetrek. Die drie, Gideon Uwu-Khaeb (voormalige voorsitter),...

Graad 11- en 12-uitslae middel Februarie verwag

10 ure gelede | Gesondheid

Die uitslae van voltydse kandidate vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) en Gevorderde Vlak (AS) sal in middel-Februarie vrygestel word. Volgens 'n...

Boggelrug rus teen die rotse

18 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

18 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

18 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...